Foxes se glo­rie in per­spek­tief

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Lon­den. – Aan die be­gin van die En­gel­se P­re­mier­liga­sok­ker­sei­soen het be­roeps­wed­ders in B­rit­tan­je sy­fers van 5 000 teen 1 aan­ge­bied vir ’n Lei­ces­ter Ci­ty­ti­tel­tri­omf.

Plaas dit in per­spek­tief – die wed­ders se sy­fers vir die ont­dek­king van die Loch Ness­mon­ster was tien keer be­ter as dít. Die sy­fers was twee keer be­ter dat die A­me­ri­kaan­se TV­per­soon­lik­heid Kim Kar­dashi­an pre­si­dent van die VSA sou word.

Sy­fers dat El­vis P­res­ley weer le­wend sy ver­sky­ning sou maak, was maar 2 000­1. As P­res­ley nou weer te sien sal wees, wat is die sy­fers dat hy ’n Lei­ces­ter­trui sal dra?

Som­mi­ges men­se soos die voor­ma­li­ge En­gel­se kap­tein en Lei­ces­ter Ci­ty se be­kend­ste sok­ker­spe­ler, Ga­ry Li­ne­ker, het vroe­ër ge­sê dit sal die groot­ste sport­s­kok tot nog toe wees as die Foxes die P­re­mier­liga­ti­tel wen.

Daar was al an­der skok­ke: Ja­mes (Bus­ter) Doug­las wat die o­ën­skyn­lik on­oor­win­li­ke Mi­ke Ty­son in 1990 uit­ge­slaan het, die VSA­span vol deel­tyd­se spe­lers wat En­ge­land in 1950 se Wê­reld­be­ker­sok­ker­toer­nooi ver­slaan het, die A­me­ri­kaan­se stu­den­te wat die Sow­jet­U­nie se “ys­hok­kie­ma­sjien” in 1980 se O­lim­pie­se eind­stryd ge­klop het, Ja­pan se rug­by­span wat die Spring­bok­ke ver­le­de jaar laat strui­kel het of De­ne­mar­ke wat die Eu­ro­pe­se sok­ker­ti­tel in 1992 ge­wen het.

Al dié skok­ke het ge­kom ná ’n en­ke­le wed­stryd of toer­nooi, dit het hoog­stens ’n uur of wat of ’n maand ge­duur. Lei­ces­ter se op­mars na die ti­tel het oor by­kans ne­ge maan­de ge­strek; dit het die B­rit­se na­sie én die wê­reld se ver­beel­ding aan­ge­gryp en by baie men­se weer van voor­af ’n lief­de vir die bui­te­perd ge­kweek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.