Pun­te­vraat Da­mi­an lan­ger in C­hiefs se diens

24 uur

Beeld - - Sport - – Reu­ters

Wel­ling­ton. – Die voor­ste pun­te­ma­ker tot nou in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks, Da­mi­an M­cKen­zie, het sy kon­trak met die C­hiefs tot 2018 ver­leng.

M­cKen­zie (21) het be­kend­heid ver­werf vir sy gryns­lag wan­neer hy pa­le toe kor­rel. Sy se­we drieë tot nou ge­tuig ook van sy skit­te­ren­de aan­val­len­de ver­nuf. Daar word al­om ver­wag dat M­cKen­zie in die All Blacks se groep gaan wees vir Ju­nie se toets­reeks teen Wal­lis.

M­cKen­zie is 1,75 m lank en weeg s­legs 81 kg, maar word ook ge­ken aan sy goeie ver­de­di­ging.

“Ons is ver­heug dat Da­mi­an ’n lang­ter­myn­kon­trak met ons ge­sluit het. Hy is ’n in­druk­wek­ken­de seun – me­de­din­gend en met ewe goeie vaar­dig­he­de as e­ni­ge an­der spe­ler. Hy speel vry­gees­tig, is dap­per en is ’n ple­sier om af te rig,” het die C­hiefs se af­rig­ter, Da­ve Ren­nie, gis­ter ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.