Een Bok­kie­kans vir skool­laai­tie

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

S­tel­len­bosch. – Die Ho­ër­skool Gars­fon­tein se ster­skrum­ska­kel Em­bro­se Pa­pier kry die week een kans om ’n plek in die Suid­A­fri­kaan­se o.20­rug­by­groep los te speel.

Suid­A­fri­ka sal van 7 tot 25 Ju­nie in Man­ches­ter, En­ge­land, aan die Ju­ni­or Wê­reld­toer­nooi deel­neem.

Die Ju­ni­or Bok­ke speel Vry­dag in ’n wed­stryd teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie­A­ka­de­mie­span. Die wed­stryd sal ag­ter ge­slo­te hek­ke ge­speel word, met Dawie T­heron, af­rig­ter van die SA o.20­span, wat nog be­sin oor wie in sy groep vir die wê­reld­skou­spel gaan wees.

Die fi­na­le groep van 28 word op Dins­dag 10 Mei by die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie se kan­to­re be­kend ge­maak.

Pa­pier, wat die SA Sko­le­span in 2014 en ver­le­de jaar in in­ter­na­si­o­na­le wed­stry­de ver­teen­woor­dig het, het hom eers gis­ter by die Ju­ni­or Bok­ke se oe­fen­kamp hier aan­sluit.

Die feit dat hy nog op die skool­ban­ke sit, is een van die re­des dat hy nie vroe­ër op­ge­daag het nie.

T­heron het baie ver­troue in die ta­lent­vol­le skrum­ska­kel en glo hy sal sy kleim af­steek om sy land in En­ge­land te ver­teen­woor­dig.

“Ek ken Am­bro­se baie goed en om­dat hy nog op skool is, het ons dit tot die laas­te week ge­los voor ons hom by die oe­fen­kamp be­trek,” het T­heron ge­sê.

“Hy is nou by ons en hy sal Vry­dag in ons laas­te kon­tak­ses­sie­wed­stryd speel. Ek het sy wed­stry­de vir Gars­fon­tein ge­volg en hy het baie goed ge­vaar.”

T­heron be­skou Pa­pier as een van Suid­A­fri­kaan­se rug­by se toe­koms­ti­ge ster­re en dit was nog ’n re­de vir die be­sluit om hom te be­trek.

“Hy sal hard moet werk om aan ons struk­tu­re ge­woond te raak, maar hy is ’n spe­ler van ge­hal­te en ons glo hy sal som­mer mak­lik by die groep in­pas.”

Daar was ook sleg­te nuus vir T­heron na­dat die slot Ryno Herb­st in Jo­han­nes­burg in die hos­pi­taal op­ge­neem is.

Die jong slot is oor die na­week met ’n mes ge­steek en daar sal in die loop van die week oor sy be­skik­baar­heid be­sluit word.

Die Bok­kies het nie die bes­te op­bou tot die jaar se Wê­reld­toer­nooi ge­had nie. Weens die stu­den­te­sta­kings by u­ni­ver­si­tei­te, kon T­heron se span nie sy jaar­lik­se wed­stryd teen die Var­si­ty­be­ker­vyf­tien­tal (droom­span) speel nie.

Daar is ook wed­stry­de teen Ar­gen­ti­nië se o.20­span be­plan, maar vol­gens T­heron wou die Suid­A­me­ri­ka­ners hul­le te vroeg in die sei­soen pak.

“Dit kon nie ge­beur nie, want die Var­si­ty­be­ker­toer­nooi was nog aan die gang en ons het nog nie op ’n groep be­sluit nie.

“Ons voor­be­rei­ding die jaar was be­slis nie i­de­aal nie, maar ons het die bes­te van ’n sleg­te saak pro­beer maak. Ek moet ook sê dat die Var­si­ty­be­ker­toer­nooi ons die kans ge­gee het om daar spe­lers se ver­to­nings te volg, want ’n groot meer­der­heid van ons spe­lers kom van die ver­skeie u­ni­ver­si­tei­te.”

T­heron se groep van 28 gaan drie oe­fen­wed­stry­de speel. Die eer­ste is op 13 Mei teen ’n Goue Leeus­span – be­staan­de uit o.19en o.21­spe­lers – in Jo­han­nes­burg.

Die Bok­kies pak die Ma­ties op 17 Mei in die Da­nie Cra­ven­sta­di­on en sluit hul voor­be­rei­ding op 21 Mei met ’n wed­stryd in Oudts­hoorn teen die Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te se A­ren­de af.

Ons voor­be­rei­ding die jaar was be­slis nie i­de­aal nie, maar ons het die bes­te van ’n sleg­te saak pro­beer maak — DAWIE T­HERON

Em­bro­se Pa­pier oe­fen gis­ter saam met die Ju­ni­or Bok­ke by die Paul Roos Gim­na­si­um se Mar­k­öt­ter­sta­di­on in S­tel­len­bosch. Foto: JA­CO MA­RAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.