Bul­le hou by hul wen­span

Nol­lis wil teen ‘vin­ni­ge pas’ speel

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Wan­neer iets werk, tor­ring jy nie daar­aan nie.

Dít was die uit­gangs­punt toe daar in die Bul­le-kamp ka­juit­raad ge­hou is oor Vry­dag se Su­per­rug­by-stryd teen die Brum­bies in Can­ber­ra.

Die span wat die For­ce oor­tui­gend ge­klop het, is on­ver­an­derd.

“Ons is in die goeie po­si­sie dat ons die­self­de span kan kies. Dit gee ons kon­ti­nu­ï­teit en mo­men­tum,” het Nol­lis Ma­rais, die Bul­le se hoof­af­rig­ter, uit Syd­ney ge­sê.

’n He­le paar Bul­le-spe­lers is be­loon vir hul voor­tref­li­ke ver­to­nings.

Dit sluit die ska­kel­paar Fran­cois Brum­mer en Piet van Zyl in.

“Ons wil teen ’n vin­ni­ge pas speel en dit is iets waar­mee ons soms ge­suk­kel het aan die be­gin van die sei­soen.

“Piet kry ons vin­nig oor die voor­deel­lyn en Fran­cois doen al­les wat van hom ver­wag word. Die ak­ku­raat­heid van sy stel­skop­pe is die laas­te twee wed­stry­de in die 90%, wat ’n baie groot ba­te is.

“Fran­cois het met daar­die be­lang­ri­ke duik­slag op die For­ce­sen­ter So­lo­mon Ra­so­lea op ons doel­lyn (toe Ra­so­la in die eer­ste helf­te on­der­skep het) ge­wys met hoe­veel y­wer hy speel.”

Mar­vin O­rie, wat Ja­son Jen­kins op die voor­aand van die krag­me­ting met die For­ce ver­vang het, kry nog ’n kans in die be­gin­span.

“Ja­son het sy kans ge­kry en die mees­te daar­van ge­maak (toe Grant Hat­tingh be­seer is) en Mar­vin het die­self­de ge­doen. Dit is goed vir ons diep­te wan­neer spe­lers die kan­se só aan­gryp.”

Jen­kins het gis­ter saam met die span ge­oe­fen, maar daar is be­sluit om hom eers vir die vol­gen­de toer­wed­stryd teen die Wa­ra­tahs te oor­weeg.

Ma­rais sê hul­le wil teen die Brum­bies, “wat an­der vrae op die aan­val en ver­de­di­ging gaan vra”, hou by dit wat teen die

Fran­cois het met daar­die duik­slag ... ge­wys met hoe­veel y­wer hy speel. — NOL­LIS MA­RAIS

For­ce wel­slae ge­bring het.

“Ons moet aan­hou fo­kus op die klein goed­jies wat ons vroe­ër ge­pla het.

“Die Brum­bies is ’n span met goeie struk­tuur wat slim rug­by speel.”

A­dri­aan S­trauss, die Bul­le se kap­tein, sê hul­le gaan op hul hoe­de moet wees vir ’n span wat hul­le in al­le af­de­lings gaan toets.

“Ons gaan weer die ba­sie­se goed moet reg­kry. Dit geld al­les, van die vas­te fa­set­te tot goeie be­sluit­ne­ming.”

Die e­nig­ste ver­an­de­ring aan die 23-tal is dat D­ries S­wa­ne­poel vir Dan K­riel plek maak op die plaas­ver­van­gers­bank.

Ma­rais sê die i­dee is om al­bei spe­lers om die beurt aan Su­per­rug­by bloot te stel met Spring­bok­ke soos Jes­se K­riel en Jan Ser­fon­tein wat deur die loop van die reeks ’n rus­kans moet kry.

Foto: GALLO IMAGES

Piet van Zyl, Spring­bok­skrum­ska­kel van die Bul­le, loop hom vas teen ’n paar For­ce­ver­de­di­gers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.