Vry­heids­dag by U­nie­ge­bou ge­vier

Beeld - - Tshwane -

Een van ’n hand­vol pop­pe ver­le­de week in P­re­to­ria wat deel was van die pret­stap om Vry­heids­dag te vier. Die dag se ver­rig­tin­ge het be­gin met die Walk 4 F­ree­dom­pret­stap van die Pa­leis van Jus­ti­sie in die mid­de­stad na die U­nie­ge­bou. Dit is 4 km ver. Die dag is deur die Gau­teng­se de­par­te­ment van sport, kuns, kul­tuur en ont­span­ning aan­ge­bied en die te­ma was “F­ree­dom is in your hands”. Fa­mi­lies het piek­niek­mand­jies en kamp­stoe­le ge­bring om die stal­le­tjies en ver­maak te ge­niet. Die po­li­sie se blaas­or­kes, die Gau­teng­se de­par­te­ment van ge­meen­skaps­vei­lig­heid en die Tshwa­ne­me­tro­po­li­sie se mo­tors­toe­te het aan die fees­vie­rin­ge deel­ge­neem. Da­vid Mak­hu­ra, pre­mier van Gau­teng en ad­junk­voor­sit­ter van die ANC in die pro­vin­sie, K­go­sient­so Ra­mokg­o­pa, Tshwa­ne­bur­ge­mees­ter, en Faith Ma­zi­bu­ko, LUR vir sport, kuns, kul­tuur en ont­span­ning, het die ge­leent­heid by­ge­woon.

Foto’s: ALET PRETORIUS

Men­se ont­span ver­le­de week saam op die gras­perk voor die U­nie­ge­bou in P­re­to­ria om Vry­heids­dag te vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.