‘Hon­der­de sal op straat sit oor huis­pro­jek ont­wrig word’

Beeld - - Tshwane - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

“Dis am­per win­ter en hon­der­de men­se gaan weer op straat sit weens an­der se self­sug­tig­heid.”

Dit is die me­ning van rdl. El­ma Nel van die DA na­dat ’n be­hui­sings­pro­jek in die P­re­to­ri­a­se mid­de­stad weer tot stil­stand ge­kom het.

Die T­hem­ba­lihle So­ci­al Vil­la­ge is ve­ron­der­stel om vei­li­ge, goed­koop huis­ves­ting te ver­skaf, maar die af­ge­lo­pe twee we­ke was daar by­na el­ke dag pro­ble­me op die bou­per­seel.

Die South A­fri­can Na­ti­o­nal Ci­vic Or­ga­ni­sa­ti­on (San­co) be­weer die pro­jek­lei­ers be­han­del die wer­kers on­reg­ver­dig en on­mens­lik, ter­wyl die be­stuur­ders dit ont­ken.

“Dit is al­tyd die­self­de pro­bleem. K­go­sient­so Ra­mokg­o­pa (bur­ge­mees­ter) het ge­sê be­hui­sings­pro­jek­te mag glad nie ont­wrig word nie, maar nou sit ons met die pro­bleem. El­ke dag wat die per­seel toe is, kos die stad geld,” sê Nel.

Ja­co Ens­lin, kon­trak­di­rek­teur van WF Kroon Pro­jek­te, wat ver­ant­woor­de­lik is vir die pro­jek, sê hul­le het ’n hof­in­ter­dik ver­kry, maar dat San­co dit nie wou aan- vaar nie. San­co het glo ook nie by die hof op­ge­daag nie.

“As ons so ver­keerd is, dan moes hul­le die wet­ti­ge roe­te ge­loop het en ons hof toe ge­vat het, maar hul­le het nie. Hul­le het net die hek­ke ge­sluit en ons wer­kers ge­dreig,” sê Ens­lin.

Sel­by Bo­ka­ba, woord­voer­der van die Tshwa­ne-me­tro, het ge­sê die stad is be­wus van die ont­wrig­ting in die ont­wik­ke­ling van die T­hem­ba­lihle Vil­la­ge deur “se­ke­re on­aan­ge­na­me in­di­vi­due on­der die dek­man­tel van San­co”. “Van nou af sal die saak deur wets­toe­pas­sings­a­gent­skap­pe ge­han­teer word. Die stad is po­si­tief dat die in­ter­dik die wer­kers op die per­seel weer toe­laat om voort te gaan met hul werk son­der da­de van in­ti­mi­da­sie.”

A­bra­ham Mashis­hi, te­sou­rier van San­co, sê hul­le re­a­geer bloot op die op­drag van die wer­kers. “Die wer­kers het ons ge­vra om hul­le te help. Hul­le word te min betaal en hul ba­se be­han­del hul­le soos min­der­waar­di­ge men­se.

“Hul­le werk van 06:00 tot laat in die aand en word nie daar­voor betaal nie. Hul­le werk selfs op va­kan­sie­dae en na­we­ke en word nie daar­voor be­loon nie. Ons veg vir wer­kers se reg­te,” sê Mashis­hi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.