Mam­poer kan help om die koue te ver­dryf

Beeld - - Tshwane -

Dit is vol­gen­de maand weer tyd vir die im­mer­ge­wil­de Mam­poer­fees wat al­tyd ’n hoog­te­punt op die ka­len­der van die Willem Prins­loo-land­bou­museum en die Kul­tuur­sto­ker­gil­de van Suid A­fri­ka is.

Dié fees­te­li­ke ge­leent­heid, wat al by­kans 30 jaar lank aan­ge­bied word, word van­jaar op Sa­ter­dag 4 Ju­nie ge­hou.

Die S­kot­te het whis­key, die G­rie­ke het ou­zo, die Ne­der­lan­ders het je­ne­wer en ons Suid A­fri­ka­ners kan trots wees op ons eie eks­klu­sie­we mam­poer en wit­blits.

Mam­poer staan ook be­kend as tier­melk, har­de­hout of vuur­wa­ter. In Gau­teng noem ons dit mam­poer, ge­noem na die Pe­di­hoof­man Mam­pu­ru.

Die Mam­poer­fees word aan­ge­bied om die be­son­de­re kul­tuur van mam­poer­dis­til­le­ring by die fees­gan­gers tuis te bring.

Dis­til­leer­ders wat aan die Kul­tuur­sto­kers­gil­de be­hoort, kom van oor die he­le Suid-A­fri­ka om aan die na­si­o­na­le kam­pi­oen­skap deel te neem.

Be­oor­de­ling ge­skied vol­gens die na­si­o­na­le er­ken­de re­ëls.

Nie net word mam­poer en wit­blits be­oor­deel nie, maar ook li­keurs met ’n wit­blits­ba­sis.

El­ke dis­til­leer­der het sy eie spe­si­a­li­teit li­keur en daar word reeds lank met ver­skil­len­de vrugte en an­der geu­re ge­ëks­pe­ri­men­teer, on­der an­de­re a­nys, pe­per­ment, kof­fie en sjo­ko­la­de.

Room­li­keu­re word ook ge­maak.

Dit neem so­wat vyf maan­de om so ’n uit­son­der­li­ke li­keur gereed te kry vir die kam­pi­oen­skap. Die li­keur het ge­woon­lik ’n al­ko­hol­in­houd van on­ge­veer 23%. Die be­oor­deel­de mam­poer, wit­blits en li­keurs sal by die fees per so­pie ge­proe en per bot­tel ver­koop word.

) Die mu­seum is in Ray­ton, by P­re­to­ria, op die R104 (Ou Bronk­horst­spruit­pad) ge­leë.

Ska­kel die mu­seum by 012 736 2035/6 vir meer be­son­der­he­de of be­soek hul web­werf by wil­lem­prins­loo­m­u­seum.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.