A­fri­kaan­se skool van keu­se

Beeld - - Skolenuus -

In die hart van P­re­to­ria-Noord lê jou A­fri­kaan­se skool van keu­se – die Ho­ër­skool P­re­to­ri­aNoord.

Op die hoek van Ber­glaan en Eeu­fees­straat is die skool­hoof, Neels D­ries­cher, in be­heer van sa­ke, saam met meer as 50 per­so­neel­le­de. Hier ver­an­der die le­we van 950 leer­lin­ge op ’n daag­lik­se ba­sis.

Die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord fo­kus op die vol­gen­de vyf pi­la­re: a­ka­de­mie, kul­tuur, lei­er­skap, gees­te­lik en sport. Uit­ne­mend­heid word na­ge­streef in elk­een van hier­die pi­la­re.

Die gees­te­li­ke pi­laar lê al­mal baie na aan die hart om­dat die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord ’n skool is wat vir die He­re leef en daar­om is daar ver­skeie ak­ti­wi­tei­te waar die leer­lin­ge gees­te­lik kan groei. Le­wens­o­ri­ën­te­ring en By­bel­on­de­rig (LOBO) maak ge­bruik van spre­kers om week­liks met die leer­lin­ge te ge­sels oor al­le­daag­se én erns­ti­ger pro­ble­me. Die jeug­wer­ker (Willem En­gel­brecht), skool­siel­kun­di­ge (dr. S­teyn) en maat­skap­li­ke wer­ker (Car­la Sa­mons) is be­skik­baar vir die leer­lin­ge wat per­soon­li­ke of a­ka­de­mie­se pro­ble­me het.

Die Leef-vir-Chris­tus-week is ’n hoog­te­punt op die skool­ka­len­der, waar­ty­dens ’n spre­ker of gas­kuns­te­naar die leer­lin­ge el­ke dag toe­spreek en hul le­wens­ver­haal met die leer­lin­ge deel. In die aan­de word die He­re ge­loof en die week sluit af met ’n Ta­lentaand, waar die leer­lin­ge hul ta­lent ten toon kan stel.

In 2015 het die a­ka­de­mie­se pi­laar skoon­skip ge­maak in die Tshwa­ne-Wes-dis­trik. Die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord spog met agt Dis­trik­toe­ken­nings vir die bes­te gr. 12-on­der­wy­sers in hul dis­trik, so­wel as uit­ste­ken­de ma­triek­uit­slae – 148 on­der­skei­dings! I­van van Rens­burg (wis­kun­de (98%) en fi­sie­se we­ten­skap­pe (95%), Ru­an Kru­ger, Lo­rin De­wey, Don­né Horn en El­net­te S­choon­raad was die top­pres­teer­ders en het se­we on­der­skei­ding elk be­haal. Ni­sa Dor­man, Bi­an­ca Gil­le­spie en Hes­ma­ri van der S­chyff het ge­sorg vir ses on­der­skei­dings en Jes­si­ca Ackron, Pe­ter Mey­er, Nic Campher, Suné Sa­mons en Elanka Wol­ma­rans vir vier.

Die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord het die toe­ken­ning ge­kry vir die top­leer­lin­ge in die dis­trik so­wel as die bes­te pun­te in die vol­gen­de vak­ke: En­gels, gas­vry­heid­stu­dies, si­vie­le teg­no­lo­gie, vi­su­e­le kuns­te, toe­ris­me, IT en RTT. Al hier­die uit­slae het tot ge­volg ge­had dat die Ho­ër­skool P­re­to­ri­aNoord er­ken­ning op de­par­te­men­te­le vlak ge­kry het vir sy a­ka­de­mie­se uit­ne­mend­heid.

Die skool verkies el­ke jaar die PN-raad, wat be­staan uit gr. 11en gr. 12-leer­lin­ge. 2016 se hoof­mei­sie (Le­ah S­teyn) en hoof­seun (Moo­sa Mo­ka­ny­a­ne) lei die groep en saam met die 39 an­der le­de stel hul­le die voor­beeld vir die res van die skool. Daar word ve­le ge­leent­he­de ge­skep vir leer­lin­ge om hul lei­er­skaps­vaar­dig­he­de te ont­wik­kel deur mid­del van kur­sus­se, mo­ti­ve­rings­pre­kers, lei­er­sim­po­si­ums en kam­pe. Die PN-raad loods ook el­ke jaar lief­da­dig­heids­pro­jek­te soos Kaal­voet­dag en die Blik­kies­kos­pro­jek. Ver­le­de jaar het hul­le deel­ge­neem aan die Sak­pro­jek, toe die skool vir so­wat 300 min­der­be­voor­reg­te men­se ’n sak op­ge­maak het met ba­sie­se be­hoef­tes, soos by­voor­beeld tan­de­bor­sels, han­de­room en sjam­poe.

Die leer­lin­ge van die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord word be­hoor­lik bloot­ge­stel aan die bui­te­wê­reld deur ver­skeie a­ka­de­mie­se ak­ti­wi­tei­te. Die toe­ris­me­groep gaan el­ke jaar op ’n plaas­li­ke uit­stap­pie en el­ke twee­de jaar na die buiteland. Die groep het I­ta­lië in 2012 be­soek, G­rie­ke­land in 2014 en van­jaar gaan hul­le na Frank­ryk. Die gas­vry­heid­stu­die­leer­lin­ge hou ge­reeld re­stau­rant­aan­de, waar­ty­dens fa­mi­lie en vrien­de die Wa­pad­lig-re­stau­rant by die skool kan be­soek en voel as­of dit ’n e­pi­so­de uit Mas­ter­chef is!

Die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord se leer­lin­ge is brug­bou­ers van for­maat. Hul­le pres­teer uit­ste­kend in die Na­si­o­na­le We­ten­skap Eks­po, so­wel as die wis­kun­de-, A­fri­kaans-, En­gels- en wê­reld­ken­nis-o­lim­pi­a­des.

Saam met toe­ge­wy­de on­der­wy­sers en ou­ers word groot sukses be­haal. Die skool­leu­se: “Voor in die wa­pad brand ’n lig” be­wys dat el­ke leer­ling sal skyn, waar ook al hy hom in die Ho­ër­skool P­re­to­ria-Noord be­vind.

Die Ho­ër­skool P­re­to­ria­Noord se hoof­lei­ers vir 2016 is van links Ru­ben Mul­ler, Ar­mand van den Berg, Moo­sa Ma­kuny­a­ne, Le­ah S­teyn, Ma­ri van der Walt en Ger­mi Pretorius.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.