Cen­tu­ri­on wys gees, groot hart!

Skool met die bes­te gees­kom­pe­ti­sie

Beeld - - Skolenuus -

Die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on wys jaar ná jaar dat hul­le be­slis ge­se­ën is met baie gees.

Die skool se leer­lin­ge en on­der­wy­sers het ons uit­ge­boul ty­dens Tshwa­ne-Beeld en GROOTfm90.5 se be­soek ver­le­de week. Ons is weer op soek na die ho­ër- en la­er­skool in die Ja­ka­ran­da­stad met die mees­te gees en die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on het be­slis nie te­leur­ge­stel nie.

As deel van die skool se lief­da­dig­heids­pro­jek het hul­le blik­kies­kos en geld in­ge­sa­mel vir die O­lie­ven­hout­bosch Chris­ti­an S­chool. Die ma­trieks het ook die wen­dy-hui­sies by die skool gaan verf. Die geld wat in­ge­sa­mel is gaan ge­bruik word om die leer­lin­ge van die O­lie­ven­hout­bosch Chris­ti­an S­chool na ’n op­voe­ring van hul keu­se te vat om­dat die kin­ders nog nooit by ’n le­wen­di­ge ver­to­ning was nie.

Die nuwe sang­groep, Rym­stoff, het die kin­ders op hul voe­te ge­had en ook ’n paar mei­sies se knieë lam ge­maak. Foto’s: SYL­VIA VAN ZYL

Die leer­lin­ge van die Ho­ër­skool Cen­tu­ri­on het al van vroeg­og­gend af bank­vas op die pa­wil­joen ge­sit. Die leer­lin­ge het ge­wys hoe ’n mens ter­self­der­tyd gees en dis­si­pli­ne kan hê.

Met hier­die ou­ens soek ’n mens nie som­mer moei­lik­heid nie...

Die skool het ook hul eie Su­per­gi­rl en Su­per­man. Jo­An­ne Pi­tout en B­ri­an van Zyl, al­bei in gr. 12, het se­ker ge­maak dat die leer­lin­ge se gees­be­ker die heel­tyd oor­loop.

Die leer­lin­ge en van hul on­der­wy­sers het som­mer spon­taan be­gin dans.

Die sang­groep, Rym­stoff, het die leer­lin­ge aan die dans ge­had.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.