Gi­zel­de hou haar oog op drie­kamp

Beeld - - Skolenuus - Wil­helm de S­wardt

Gi­zel­de S­trauss (Tuk­sS­port High S­chool) hou van straw­we uit­da­gings. Daar­om moet dit nie ’n ver­ras­sing wees dat sy in drie­kamp pres­teer nie.

Twee na­we­ke ge­le­de in Kaap­stad het sy die o.19 mei­sies-af­de­ling van die In­ter­na­si­o­na­le D­rie­kamp­ver­e­ni­ging (ITU) se Wê­reld-reeks ge­wen. Vroe­ër van­jaar het sy ook die SuidA­fri­kaan­se drie­kamp-ti­tel (16 tot 17 jaar) ge­wen.

Ver­le­de jaar was sy die du­o­kamp-wê­reld­kam­pi­oen (draf en fiets­ry) en was die Suid-A­fri­kaan­se ju­ni­or drie­kamp-kam­pi­oen.

Dié gr. 11-leer­ling maak geen ge­heim daar­van waar­om drie­kamp haar guns­te­lings­port is nie. “Drie­kamp is ’n u­nie­ke sport in dié op­sig dat as jy wil pres­teer moet jy kan goed swem, fiets­ry en draf. Drie­kamp is ook ’n on­voor­spel­ba­re sport. E­nig­iets kan op e­ni­ge oom­blik ver­keerd loop en dit kan jou duur te staan kom.

“Dit het juis van­jaar op die A­fri­ka-ju­ni­or­by­een­koms ge­beur. Ons het klaar fiets­ge­ry en ek was be­sig om met my fiets te draf om dit te gaan bê­re toe my fiets­ry­skoen los­glip van die pe­daal. Ek moes om­draai en terug draf om dit te gaan op­tel. Die paar se­kon­des wat dit ge­neem het, het my ver­hoed om te wen. Soos din­ge nou staan, kan ek saam met die bes­tes draf en fiets­ry, maar daar wag nog har­de werk op my in die swem­bad.” Dit is juis om­dat sy har­der aan haar swem wil werk dat S­trauss be­sluit het om nie haar du­o­kamp-wê­reld­ti­tel te ver­de­dig nie.

“Ek kan eer­lik sê dit was nie ’n mak­li­ke be­sluit nie, maar par­ty­keer moet ’n mens be­sin oor wat werk­lik be­lang­rik is. Ek wil bit­ter graag Suid-A­fri­ka op die Wê­reld-drie­kamp­by­een­koms ver­teen­woor­dig, maar ek wil nie net deel­neem nie, ek wil goed vaar. Dit be­te­ken ek sal moet vin­ni­ger swem.”

Die twee­ma­li­ge drie­kamp­wê­reld­kam­pi­oen G­wen Jor­gen­sen (VSA), is S­trauss se rol­mo­del.

“Wat ek van haar be­won­der, is haar toe­wy­ding. Sy stel vir haar­self doel­wit­te en gee nie op voor­dat sy dit be­reik het nie.

“Dan het ek ook groot be­won­de­ring vir my af­rig­ter, Ka­te Ro­berts (Tuks/HPC). Om­dat sy self aan die O­lim­pie­se S­pe­le deel­ge­neem het, ver­staan sy waar­oor die sport gaan. Een van die be­lang­rik­ste din­ge wat sy my ge­leer het, is om voor­be­reid te wees op die on­ver­wag­te en nie kop te ver­loor wan­neer din­ge be­gin ver­keerd loop nie.”

Om te ont­span ge­niet S­trauss dit om kla­vier te speel. Op la­er­skool het sy die U­ni­sa-ek­sa­mens ge­speel.

“Van­dat ek in drie­kamp be­gin pres­teer het, het ek baie min­der tyd om kla­vier te speel, maar ek hoop om die dag wan­neer ek nie meer erns­tig aan drie­kamp deel­neem nie, meer ge­reeld te speel. Ek hou daar­van om klas­sie­ke mu­siek te speel.

“Ek lees ook graag boe­ke waar­in ver­tel word hoe men­se dit reg­ge­kry het om in oor­log­si­tu­a­sies te oor­leef.”

Dit was nie ’n mak­li­ke be­sluit nie.

Foto: REG CALDECOTT

Gi­zel­de S­trauss (Tuk­sS­port High S­chool) het on­langs die o.19­af­de­ling vir mei­sies van die In­ter­na­si­o­na­le D­rie­kamp­ver­e­ni­ging (ITU) se wê­reld­reeks ge­wen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.