Ver­an­de­ring in die Car­l­ton­liga

Beeld - - Tshwane Sport - Mor­ris Gil­bert Uit­slae (soos ver­skaf deur Jo­han­na de Vos):

Die ou teen­stel­len­de ge­seg­de dat niks se­ker is be­hal­we dat niks se­ker is nie, is die e­nig­ste ma­nier om in een sin reg te laat ge­skied aan die dra­ma­tie­se ge­beu­re wat in die vier­de ron­de van die 2016-reeks om die Car­l­ton­be­ker af­ge­speel het.

Die uit­slae van die wed­stry­de wat ver­le­de Don­der­dag­aand in Groen­kloof en die Moot en die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag in P­re­to­ria-Noord be­slis is, het geen twy­fel ge­laat oor die om­vang van die win­de van ver­an­de­ring wat die Car­l­ton­liga-land­skap ge­tref het nie.

In net hul der­de amp­te­li­ke Car­l­ton­be­ker-wed­stryd het die Dra­gons by­voor­beeld ’n pres­ta­sie ver­mag wat voor­af on­moont­lik ge­lyk het. Die oor­win­ning met 14-12 teen Po­li­sie is bui­ten­ge­woon merk­waar­dig en kan nie ver­wa­ter word deur die feit dat Bob­bies voor­langs weens ver­skeie fak­to­re nie op vol­le sterk­te was nie.

Kort op die Dra­gons se hak­ke was die pres­ta­sie van Har­le­quins, wat ’n eer­ste­rang­se ver­ras­sing op­ge­le­wer het met hul oor­tui­gen­de oor­win­ning teen Cen­tu­ri­on (37-15).

Wat dié uit­slag so be­te­ke­nis­vol maak, is hoe in­gry­pend Quins ver­be­ter het se­dert hul­le in die eer­ste wed­stryd van die 2016-reeks deur die Na­ka Bul­le om­ge­dop is en daar­na die eer­ste slag­of­fer van die nu­we­ling, die Dra­gons, ge­word het.

Op sy tuis­veld het Na­ka ’n ein­de aan Im­pa­la se on­oor­won­ne ver­to­nings­lys ge­maak, wat be­te­ken dat al die span­ne in die 2016-reeks nou al ten min­ste een keer ver­loor het.

Een kyk na die pun­te­lys be­ves­tig die on­voor­spel­ba­re aard van die 2016-reeks, want die twee klubs wat ver­le­de jaar in die eind­stryd ge­speel het, UPTuks en Po­li­sie, be­klee tans on­der­skei­de­lik die der­de laas­te en laas­te plek.

Die span­ne wat vier wed­stry­de ag­ter die blad het, be­klee die eer­ste drie po­si­sies op die pun­te­lys. Im­pa­la is steeds die voor­lo­per met 15, ge­volg deur Na­ka (12) en Cen­tu­ri­on (10). Die Dra­gons (vier­de met 8), Po­li­sie (vyf­de met 6), Har­le­quins (ses­de met 5) en UPTuks (laas­te met 4) het nog net in drie wed­stry­de ge­speel.

Baie is dus op die spel in al drie wed­stry­de Sa­ter­dag. In die Groen­kloof-der­by speel Po­li­sie op sy tuis­veld teen Har­le- quins. Die vo­ri­ge keer dat dié twee bu­re slaags was, was in die As­su­pol­tro­fee-reeks, toe Po­li­sie die re­kord­boe­ke met sy weg­hol­se­ge her­skryf het.

Die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, UP-Tuks, moet in sy weg­wed­stryd teen Cen­tu­ri­on ’n slag na sy vol­le po­ten­si­aal speel as hy weer ’n pas­aan­ge­ër in die 2016-reeks wil word. UP-Tuks kruis eg­ter swaar­de met ’n teen­stan­der wat daar­op uit sal wees om te ver­goed vir die groot glips teen Quins. Die wed­stryd kan ’n deur­slag­ge­wen­de ka­rak­ter­toets vir so­wel Cen­tu­ri­on as UP-Tuks wees.

Nóg ’n heer­li­ke twee­stryd om na uit te sien, is dié in die Moot, waar Na­ka teen die Dra­gons te staan kom. Al­bei span­ne het die voor­deel van mo­men­tum en self­ver­troue wat die oor­win­nings teen on­der­skei­de­lik Im­pa­la en Po­li­sie mee­ge­bring het. ) 1stes: Dra­gons 14, Po­li­sie 12; Har­le­quins 37, Cen­tu­ri­on 15; Na­ka Bul­le 23, Im­pa­la 17. 2des: Dra­gons 33, Po­li­sie 29; Cen­tu­ri­on 36, Har­le­quins 3; Na­ka Bul­le 35, Im­pa­la 16. 3des: Dra­gons 24, Po­li­sie 5; Har­le­quins 48, Cen­tu­ri­on 10; Na­ka Bul­le 49, Im­pa­la 10. o.21: Dra­gons 41, Po­li­sie 5; Cen­tu­ri­on 26, Har­le­quins 15; Na­ka Bul­le 94, Im­pa­la 0. o.20: Dra­gons 39, Po­li­sie 5; Har­le­quins 41, Cen­tu­ri­on 10; Na­ka Bul­le 40, Im­pa­la 0 (wen by ver­stek).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.