Ro­nal­do reg om Ci­ty te roer in Kam­pi­oe­ne­li­ga

Beeld - - Sport -

Ma­drid. – C­ris­ti­a­no Ro­nal­do is “100% fiks” vir van­aand se be­slis­sen­de Kam­pi­oe­ne­li­ga­half­eind­stryd teen Man­ches­ter Ci­ty in die S­paan­se hoof­stad, het Re­al Ma­drid se sok­ker­brei­er, Zi­ne­di­ne Zi­da­ne, gis­ter ge­sê.

Die doel­skie­ter Ka­rim Ben­ze­ma en mid­del­veld­spe­ler Ca­se­mi­ro sal wel langs die kant­lyn wees met on­der­skei­de­lik dy­spier­ en heup­be­se­rings.

Ro­nal­do het Re­al se laas­te drie wed­stry­de weens ’n seer dy­spier mis­ge­loop, maar vol­gens Zi­da­ne is daar “geen ri­si­ko” ver­bon­de daar­aan om hom van­aand in te span.

“Ons wil nie met Ka­rim waag nie. Ca­se­mi­ro is ’n be­lang­ri­ke spe­ler, maar ons het ’n groot groep met an­der ou­ens wat die­self­de rol kan ver­vul,” het Zi­da­ne ge­sê.

Ro­nal­do het met 16 die mees­te doe­le in dié sei­soen se Kam­pi­oe­ne­li­ga ge­skiet. Hy trek by 27 doe­le in al­le kom­pe­ti­sies vir Re­al.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.