Ná­di­ne se ‘S­neeu­wit­jie’­haar­kleur

Beeld - - Front Page - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

bl. 3

Haar lang lok­ke is ge­woon­lik heel­wat lig­ter, soms met heu­ning­kleu­ri­ge son­stre­pe, maar Ná­di­ne se ha­re is nou don­ker en teen oor­mô­re­aand gaan dit selfs nog don­ker­der wees.

“Toe ek dit vir die eer­ste keer sien na­dat ek dit ge­kleur het, was dit die skok van my le­we!” sê sy lag­gend.

Hoe­wel sy daar­van hou, is sy van plan om ná af­loop van die A­fri­kaan­se ver­hoog­stuk S­neeu­wit­jie “weer iets daar­aan te doen”.

Van oor­mô­re af ver­tolk Ná­di­ne die rol van S­neeu­wit­jie teen­oor Reyn­ard Slab­bert, die sjar­man­te prins.

“Ek het in 2011 in Je­sus Christ Su­per­star ge­speel en toe daar­na in Lied van my hart. Daar­na was ek be­sig met my nuwe al­bum. So, dit is lek­ker om weer by ’n mu­si­cal be­trok­ke te wees.”

Vol­gens Ná­di­ne moes sy gou weer ge­woond raak daar­aan om te strek en op te warm vir al die dans­pas­sies wat sy in so ’n pro­duk­sie moet uit­haal.

“Ek is ge­woond daar­aan om baie laat te gaan slaap – 02:00, 03:00 se kant – en dan staan ek la­ter op.

“Maar ek moes nou in die roe­ti­ne kom om voor mid­der­nag in die bed te kom so­dat ek ge­noeg krag het. So, ja, ek moes weer sta­mi­na op­bou.”

Ná­di­ne sê daar is ’n to­neel in die ver­hoog­stuk waar sy moet se­ker maak sy koes be­hoor­lik om te keer dat die jag­ter haar nie reg­tig be­seer nie.

Sy en die res van die rol­ver­de­ling en pro­duk­sie­span is die af­ge­lo­pe vier we­ke, ses dae per week, so­wat tien uur per dag aan die re­pe­teer.

Die­self­de ver­vaar­di­gers wat ver­le­de jaar Aspoes­ter­tjie met Kar­lien van Jaars­veld by Em­per­ors Pa­la­ce aan­ge­bied het, bied van­jaar S­neeu­wit­jie aan.

Boon­op het hul­le reeds ’n kon­trak met Em­per­ors Pa­la­ce ge­sluit om vir die vol­gen­de twee jaar óók A­fri­kaan­se pan­to­mi­mes aan te bied.

“Ek het ver­le­de jaar vir Kar­lien kom kyk en toe al ge­wens ek kan ook so iets doen,” sê Ná­di­ne.

Maar min het sy toe ge­weet dat haar wens wel ver­we­sen­lik gaan word.

“Ek het Kar­lien by die Huis­ge­noot 100-kon­sert by die KKNK ge­sien en haar toe ge­vra hoe dit is om drie kon­ser­te op een dag te doen en sy het vir my ge­sê dit is tough.

“Ek hoop Kar­lien kom kyk vir my,” sê Ná­di­ne weer lag­gend.

Ná­di­ne sê sy is vir nou net ge­fo­kus op S­neeu­wit­jie en kan ook nie an­der ver­to­nings tus­sen­in doen nie.

Re­nier Kei­ser, ver­vaar­di­ger van Add-Li­fe Pro­ducti­ons, sê hy het ver­le­de jaar ge­hoop Aspoes­ter­tjie gaan goed vaar. “Maar ek het nooit ge­dink dit gaan so goed vaar nie.”

El­ke kon­sert is uit­ver­koop, sê hy. Daar­om het hul­le se­ker ge­maak S­neeu­wit­jie is van­jaar ’n week lan­ger by Em­per­ors Pa­la­ce te sien.

Ná­di­ne en Reyn­ard Slab­bert re­pe­teer by Em­per­ors Pa­la­ce in Kemp­ton Park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.