Pro­tes sluit snel­weg

Beeld - - Front Page - Han­nes Kru­ger News24

Pad­wer­kers wat on­ge­luks­to­ne­le help op­ruim, het gis­ter­og­gend cha­os op paaie in Mid­rand ver­oor­saak toe hul­le ban­de aan die brand ge­steek en die ver­keer ont­wrig het. Die wer­kers is in ’n loon­ge­skil met hul werk­ge­wer be­trok­ke. Die N1­noord is in ’n sta­di­um ge­sluit weens die pro­tes en het og­gend­pen­de­laars erg ont­wrig.

en

Pad­wer­kers wat on­ge­luks­to­ne­le help op­ruim, het gis­ter­og­gend cha­os op die N1 in Mid­rand ver­oor­saak toe hul­le mo­tor­ban­de aan die brand ge­steek en ver­keer erg ont­wrig het.

Die sit­ting van die kom­mis­sie van on­der­soek na die ge­skikt­heid van genl. Ri­ah P­hiy­e­ga as na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris in Cen­tu­ri­on het weens die ont­wrig­ting laat be­gin.

Die pad­wer­kers het by die Riet­spruit-sir­kel be­toog en die N1-noord van New Ro­ad tot by die kan­toor van die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Pa­da­gent­skap (San­ral) was in ’n sta­di­um vir ver­keer ge­sluit.

’n Pad­ge­brui­ker het ge­twiet sy pen­del­tog tus­sen Jo­han­nes­burg en P­re­to­ria het twee uur ge­duur.

Die wer­kers sê hul­le voer al se­dert Ok­to­ber loon­ge­sprek­ke met hul werk­ge­wer, die on­ge­luk­be­stuurs­maat­skap­py Te­ti Traf­fic. Vol­gens die wer­kers het hul­le se­dert 2012, toe San­ral die kon­trak vir op­rui­mings aan Te­ti toe­ge­ken het, nog nie ’n loon­ver­ho­ging ge­had nie, sê Za­ne­le Sa­be­la, woord­voer­der van die vak­bond Sa­ta­wu, wat die groep ver­teen­woor­dig.

Sy sê Te­ti is be­reid om ’n ver­ho­ging van 7% te gee, maar dit kom weens in­fla­sie en an­der fak­to­re neer op 0%.

Die wer­kers ver­dien van R4 325 tot R16 000 per maand.

Pe­ru C­hil­lay, Te­ti Traf­fic se woord­voer­der, sê die wer­kers het ver­le­de jaar ’n ver­ho­ging van 7% ge­kry en eis nou ’n ver­ho­ging van tot 130%, wat nie in dié sta­di­um moont­lik is nie.

Sa­ta­wu het Donderdag ken­nis ge­gee van die sta­king en sou gis­ter­mid­dag ’n lys ei­se aan Te­ti oor­han­dig.

Ge­sprek­ke tus­sen die twee par­tye word van­dag voor die Kom­mis­sie vir Ver­soe­ning, Be­mid­de­ling en Ar­bi­tra­sie voort­ge­sit.

Foto: FELIX DLANGAMANDLA

Foto: FELIX DLANGAMANDLA

Pad­wer­kers het gis­ter­og­gend ’n deel van die N1 in Mid­rand ver­sper weens hul voort­sle­pen­de loon­dis­puut met ’n diens­ver­skaf fer wat deur San­ral aan­ge­stel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.