Plaas­moord­pakt

Po­li­sie, A­friForum gaan nou saam­werk Taxi’s se hulp word ook in­ge­roep

Beeld - - Front Page - Ni­co Gous

Die po­li­sie en A­friForum het gis­ter ’n ge­skied­kun­di­ge oor­een­koms ge­sluit om krag­te saam te snoer teen plaas­aan­val­le.

Ook tax­i­ver­e­ni­gings land­wyd word be­trek om in­lig­ting in te win en ge­bie­de te pa­trol­leer en die po­li­sie be­plan om or­ga­ni­sa­sies soos A­gri SA en TLU SA te na­der.

A­friForum het gis­ter sa­me­spre­kings met lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, by die po­li­sie se op­lei­dings­kol­le­ge in P­re­to­ria-Wes ge­voer.

In Ja­nu­a­rie het P­hahla­ne on­der­neem om plaas­aan­val­le, plaas­moor­de en vee­dief­stal as voor­keur­mis­da­de te ver­klaar.

Maar die po­li­sie “het nie ’n po­li­sie­be­amp­te om voor el­ke plaas te sit nie, so die ge­meen­skap is hul eie oë en ore. Jy kan nie as boer jou plaas son­der toe­sig laat son­der om e­nig­ie­mand in ken­nis te stel nie,” het hy ge­sê.

Die po­li­sie de­fi­ni­eer ’n plaas­aan­val as “e­ni­ge ge­weld teen men­se wat op ’n plaas of klein- hoe­we woon, werk of dit be­soek, het­sy dit is met die be­doe­ling om te ver­moor, ver­krag, be­roof of fi­sie­ke be­se­rings toe te dien”.

Ian Ca­me­ron, A­friForum se hoof van ge­meen­skaps­vei­lig- hei d, het gis­ter ge­sê stan­daard-pro­se­du­res moet op­ge­stel word waar­vol­gens die ge­meen­skap en die po­li­sie be­vei­li­ging han­teer.

Hy stel voor dat ge­meen­skap­pe meer pa­trol­lies doen en op­lei­ding kry.

“As ge­meen­skap­pe be­hoor­lik op­ge­lei is, is die kans klei­ner dat men­se mis­daad­to­ne­le gaan be­smet of be­ska­dig.”

P­hahla­ne s­tem saam, want “as ons dit ver­keerd han­teer op die mis­daad­to­neel, gaan ons dit ook waar­skyn­lik ver­keerd kry in die hof”.

Hy het ge­sê e­ni­ge voor­val moet bin­ne 24 uur by die pro­vin­si­a­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris aan­ge­meld word.

Dis sluit in mis­da­de soos moord, po­ging tot moord, ver­krag­ting, aan­ran­ding, ge­wa­pen­de roof, ka­pings, in­ti­mi­da­sie, brand­stig­ting en saak­be­ska­di­ging.

Vol­gens die po­li­sie se sy­fers het die ge­tal aan­val­le op pla­se en klein­hoe­wes van 532 in die 2010-’11-boek­jaar met 16% ge­daal tot 446 in die 2015-’16-boek­jaar. Die ge­tal moor­de het met 38% van 80 tot 49 ge­daal.

“Dit is steeds baie en bly kom­mer­wek­kend,” het P­hahla­ne ge­sê.

Vol­gens Roets het die slag­of­fers in die mees­te van die ge­val­le nie die aan­val­lers ge­ken nie.

Ca­me­ron het ge­sê dit is nood­saak­lik dat po­li­sie­be­amp­tes be­gryp wat die oor­een­koms met A­friForum be­hels. “Dan sal daar de­fi­ni­tief ’n af­na­me in mis­daad wees.”

Hy het ge­sê A­friForum het land­wyd met tax­i­ver­e­ni­gings on­der­han­del dat hul­le in­lig­ting in­win en plaas­ge­bie­de help pa­trol­leer.

“Se­dert ons dit doen, het vee­dief­stal af­ge­neem, en wan­neer dit ge­beur, neem an­der mis­da­de af.”

Gis­ter het die po­li­sie ook sa­me­spre­kings met lei­ers van die na­si­o­na­le tax­i­ver­e­ni­ging (San­ta­co) ge­voer oor ma­nie­re om mis­daad te be­veg.

Fo­to’s: HER­MAN VERWEY

Ernst Roets, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van A­friForum, en lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, gis­ter by die po­li­sie se op­lei­dings­kol­le­ge in P­re­to­ri­aWes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.