Hou­gie droom nog van ’n Bok­plek, maar vi­sier is eers op S­pe­le­glo­rie

Se­wes­kon­trak ver­stryk ná S­pe­le

Beeld - - Front Page - Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – On­danks ’n on­lang­se ver­to­nings­lys wat tal­le En­gel­se rug­by­ken­ners laat gons oor ’n moont­li­ke te­rug­keer, dink Fran­cois Hou­gaard nie nou daar­aan om weer ’n S­pring­bok­toet­strui oor sy kop te trek nie.

Met Fou­rie du P­reez wat on­langs sy ste­wels op­ge­hang het, is daar ’n te­kort aan er­va­re plaas­li­ke skrum­ska­kels en die hand­jie­vol ta­lent­vol­les in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks le­wer wis­sel­val­li­ge ver­to­nings.

Hou­gaard is ie­mand wat Al­lis­ter Coet­zee, die S­pring­bok­ke se af­rig­ter, vir Ju­nie se toets­reeks teen Ier­land sou kon oor­weeg.

Dié veel­sy­di­ge spe­ler wat al in 35 toet­se in ak­sie was, het hom vroe­ër van­dees­week by die B­lits­bok­ke se oe­fen­kamp in S­tel­len­bosch aan­ge­sluit.

Hy was die af­ge­lo­pe twee maan­de ’n sleu­tel­spe­ler vir die Wor­ces­ter War­ri­ors en sy uit­ste­ken­de ver­to­nings het dié klub ge­help om re­le­ga­sie in die En­gel­se P­re­mier­liga vry te spring.

Hou­gaard het uit die staan­spoor sy stem­pel af­ge­druk – in sy eer­ste maand in En­gel­se rug­by is hy som­mer as Maart se bes­te spe­ler in die reeks aan­ge­wys.

Rug­by­skry­wers het hom ook as die bes­te ko­pie van die sei­soen be­stem­pel.

Maar Hou­gaard er­ken dit sal ’n ta­me­le­tjie wees om te kies tus­sen die B­lit­se en die S­pring­bok­ke.

“Ek is bang my aan­dag word af­ge­lei as ek nou be­gin dink aan ’n te­rug­keer tot die Bok­span,” het Hou­gaard ge­sê.

Hy sal waar­skyn­lik in die B­lits­bok­ke se groep vir die laas­te twee toer­nooie van van­jaar se Wê­reld­reeks in­ge­sluit word.

Dié toer­nooie vind van 15 tot 17 Mei in Pa­rys, Frank­ryk, en op 21 en 22 Mei in Lon­den, En­ge­land, plaas.

“Ek het ’n kon­trak met die na­si­o­na­le se­wes­span on­der­te­ken en ek wil daar­op kon­sen­treer,” het Hou­gaard ge­sê.

“Ek sien werk­lik uit na die laas­te paar se­westoer­nooie voor die O­lim­pie­se S­pe­le (in Au­gus­tus in Rio de Ja­nei­ro, Bra­si­lië.)

“Slegs Al­lis­ter weet wat sy plan­ne met die S­pring­bok­ke is.”

Neil Po­well, die B­lits­bok­ke se af­rig­ter, er­ken ook hy sal dui­de­lik­heid oor Coet­zee se plan­ne met se­ke­re spe­lers waar­deer.

“Ek sal baie graag met hom wil sit en ge­sels voor ons ver­trek.

“Dit sal my toe­laat om met ’n ge­rus­te hart te vlieg,” het Po­well in ’n on­lang­se on­der­houd ge­sê.

Tog sal Hou­gaard nie ’n uit­no­di­ging van die hand wys om weer deel van die Bok­ke se groep te wees nie.

“El­ke spe­ler se droom is tog om vir die S­pring­bok­ke te speel. Dit is die re­de waar­om ek nog rug­by speel, maar dit is ’n keu­se wat glad nie in my han­de rus nie,” het hy ge­sê.

“Al wat ek kan doen, is net om my bes­te te le­wer.

“Dit sal be­slis ’n moei­li­ke be­sluit wees as ek tus­sen die Bok­ke en die B­lit­se moet kies,” het Hou­gaard by­ge­voeg.

Hou­gaard is nie die e­nig­ste Suid-A­fri­kaan­se skrum­ska­kel in die bui­te­land met toet­s­er­va­ring nie.

Die 32-ja­ri­ge Ru­an Pie­naar het ou­der­ge­woon­te ’n goeie sei­soen by die Ier­se klub Ul­ster be­leef en spog reeds met 88 toet­se en drie Wê­reld­be­ker-toer­nooie se er­va­ring op sy kerf­stok.

Sy ou­der­dom kan teen hom tel,ver­al as Coet­zee van­jaar al aan ’n S­pring­bok-span vir 2019 se Wê­reld­be­ker­toer­nooi in Ja­pan wil be­gin slyp.

Die Bok­ke het reeds ’n te­rug­slag ge­had, met die Haai­e­skrum­ska­kel Co­bus Rei­nach wat knie­li­ga­men­te ge­skeur het.

Hy sal eers aan­staan­de jaar weer kan speel.

Die S­tor­mers-skrum­ska­kel Nic Groom het van­dees­week aan­ge-

Ek het ’n kon­trak met die se­wes­span on­der­te­ken en wil daar­op fo­kus.

kon­dig hy sal ná die Su­per­rug­by-reeks sy loop­baan by die Northamp­ton Saints in En­ge­land voort­sit.

Coet­zee kan hom wel steeds oor­weeg vir die reeks van drie toet­se teen die Ie­re.

Faf de K­lerk, die Leeus se buk­sie skrum­ska­kel, het dié sei­soen goed be­gin, maar neem die af­ge­lo­pe paar we­ke ver­keer­de be­slui­te wan­neer hy on­der druk ge­plaas word.

Ru­dy Pai­ge, wat sy S­pring­bok­bui­ging in ver­le­de jaar se Wê­reld­be­ker--toer­nooi in En­ge­land ge­maak het, suk­kel ook om soos in ver­le­de jaar se Su­per­reeks be­sten­dig te ver­toon.

Hy het teen die Reds be­gin, maar die Bul­le het hom teen die For­ce en die Brum­bies op die plaas­ver­van­gers­bank ge­kies.

Piet van Zyl, ook ’n S­pring­bok, word op die oom­blik bo hom ver­kies.

— FRAN­COIS HOU­GAARD

Fo­to: GETTY IMAGES

Fran­cois Hou­gaard maak reg om die bal by ’n skrum in te gooi in een van die Wor­ces­ter War­ri­ors se wed­stry­de ver­le­de maand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.