Boe­re­mag se lot wag op EFF, sê ANC

EFF weer uit­ge­gooi en sko­lie­re ska­ter­lag

Beeld - - Front Page - P­hil­da Es­sop en A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF­lei­er, loop ge­vaar om die­self­de paad­jie te loop as die Boe­re­mag.

So het Jack­son Mt­hem­bu, ANC­hoof­sweep, gis­ter in die par­le­ment ge­waar­sku in die pre­si­den­sie se be­gro­tings­de­bat.

Mt­hem­bu het ge­sê die Boe­re­mag het “ons vre­de en stabiliteit be­dreig deur agt bom­me in So­we­to te laat ont­plof”.

Boe­re­mag­le­de is in 2013 tot tus­sen 25 en 30 jaar tronk­straf vir hul “ver­ra­der­li­ke da­de” ge­von­nis.

Ma­le­ma het on­langs ge­dreig dat die EFF die mag deur die loop van ’n ge­weer sal oor­neem in­dien die ANC die ver­kie­sing-suit­slae be­kook.

Kaap­stad. – Die­self­de lot kan Ju­li­us Ma­le­ma oor­kom as die groep Boe­re­mag-le­de wat in 2013 tot de­ka­des in die tronk ge­von­nis is weens hoog­ver­raad.

“Ma­le­ma, wan­neer dit ge­beur, moe­nie sê ons het jou nie ge­waar­sku nie,” het Jack­son Mt­hem­bu, ANC-hoof­sweep, gis­ter in die par­le­ment ge­waar­sku.

In daar­die sta­di­um het Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, Ma­le­ma en sy me­deEFF-le­de reeds uit die par­le­ment ge­gooi, on­der ’n groot ge­lag van skool­kin­ders in die par­le­men­tê­re ga­le­ry.

Mt­hem­bu het in sy toe­spraak in die pre­si­den­sie se be­gro­tings­re­de klaar­blyk­lik ver­wys na Ma­le­ma se uit­la­ting Sa­ter­dag by die be­kend­stel­ling van die EFF se ver­kie­sings­ma­ni­fes dat die weer­mag sy par­ty on­der­steun. “Wees ge­waar­sku. Ver­laat jou amp voor­dat die weer­mag hul ge­we­re op jou rig,” het Ma­le­ma ge­sê.

Die EFF het pres. Ja­cob Zu­ma gis­ter voor sy be­gro­tings­re­de ou­der­ge­woon­te uit­ge­jou en is ge­volg­lik weer uit­ge­gooi.

Bui­te die par­le­ment het Floyd S­hi­vam­bu, EFF-hoof­sweep, ge­sê die EFF sal nooit toe­laat dat sy le­de deur ’n “mis­da­di­ger” toe­ge­spreek word of dat ’n be­gro­ting aan ’n “mis­da­di­ger ge­gee word wat daar­die geld net vir sy eie self­ver­ry­king en tot voor­deel van sy fa­mi­lie” ge­bruik nie.

Op­po­si­sie­par­tye wat in die par­le­ment ge­bly het, ver­staan nie die be­gin­sel van de­mo­kra­sie nie, het hy ge­sê. “In nor­ma­le om­stan­dig­he­de en met die streng toe­pas­sing van die re­ëls is hy (Zu­ma) ver­on­der­stel om ver­ant­woor­ding te doen oor waar­om hy stry­dig met die Grond­wet op­ge­tree het.

“Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof is in sy uit­spraak ka­te­go­ries dui­de­lik dat Zu­ma die Grond­wet oor­tree het, maar ons gaan voort as­of al­les nor­maal is . . . Die ANC ge­bruik sy meer­der­heid om die Grond­wet te on­der­myn.”

Op die vraag of die EFF die par­le­ment tel­kens gaan ver­laat wan­neer Zu­ma daar is, het hy ge­sê: “Ja­cob Zu­ma sal nooit vre­de vind in die teen­woor­dig­heid van die EFF, wat die Grond­wet re­spek­teer, nie.”

Zu­ma het deur­gaans ag­ter­oor ge­sit en met adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa nef­fens hom al­les glim­lag­gend be­trag.

Hy het daar­na met sy toe­spraak be­gin as­of niks ge­beur het nie.

Die ANC se twee hoofswe­pe het la­ter op die DA toe­ge­sak toe le­de van dié par­ty wou weet of die pre­si­dent ’n mis­da­di­ger, die hoof­ste­ler, be­skul­dig­de nom­mer een of ’n dief is.

Dit het ’n rel­le­tjie oor vry­heid van spraak in die par­le­ment ont­ke­ten.

Le­che­sa T­se­no­li, ad­junk­spea­ker, het la­ter in die de­bat en na­dat hy ’n regs­me­ning in­ge­win het oor M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, se uit­la­tings, be­vind dit is on­toe­laat­baar om die pre­si­dent on­der meer ’n dief of mis­da­di­ger te noem.

“O­prui­en­de uit­la­tings be­vor­der nie de­bat nie, maar kan die waar­dig­heid van le­de skend.”

Mai­ma­ne moes sy stel­ling dat Zu­ma ’n “dief” is, te­rug­trek.

Mt­hem­bu in die par­le­ment.

Fo­to’s: LE­RA­TO MADUNA

Vei­lig­heids­per­so­neel van die par­le­ment pro­beer EFF­le­de gis­ter uit die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring ver­wy­der.

Floyd S­hi­vam­bu, EFF­hoof­sweep, word weg­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.