Ma­ri­ka­na: ‘Dié be­sluit kom van po­li­sie­lei­ers’

Beeld - - News - Le­an­ne Ge­or­ge

Die be­sluit om oor te ska­kel na ’n tak­tie­se op­sie en sta­ken­de myn­wer­kers op die Ma­ri­ka­na-kop­pie uit­een te jaag, ís deur die po­li­sie se lei­ers­korps ge­neem.

So het kapt. Mon­wa­bi­si Nt­la­ti van die Noord­wes-po­li­sie gis­ter voor die Claas­sen-kom­mis­sie van on­der­soek na genl. Ri­ah P­hiy­e­ga se ge­skikt­heid vir haar pos ge­tuig.

Vier an­der ge­tui­es, werk­ne­mers van die P­ho­keng-lyks­huis en lt.genl. E­li­as Ma­we­la van die po­li­sie, sou ook gis­ter voor oud­reg­ter Neels Claas­sen ge­tuig het, maar hul­le is huis toe ge­stuur om­dat hul be­ë­dig­de ver­kla­rings vol­doen­de is.

Nt­la­ti werk tans in die een­heid vir sig­ba­re po­li­si­ë­ring, maar hy was op 16 Au­gus­tus 2012 deel van die po­li­sie se tak­tie­se­re­ak­sie-een­heid (TRT).

Die po­li­sie het 34 sta­ken­de myn­wer­kers op die Ma­ri­ka­na-kop­pie dood­ge­skiet. Vol­gens Nt­la­ti het lt.kol. Dun­can S­cott van die po­li­sie se spe­si­a­le taak­span die mid­dag van die skie­te­ry aan spe­si­a­lis­po­li­sie-een­he­de na­by die kop­pie ge­sê die po­li­sie se na­si­o­na­le lei­ers­korps het op­drag ge­gee dat daar teen die ge­weld- da­di­ge sta­kers moet op­ge­tree word.

“Die o­pen­ba­re-or­de-po­li­sie moes die sta­kers uit­een­jaag, ter­wyl die TRT die sta­kers in klein krin­ge moes om­ring en hul­le ont­wa­pen,” het Nt­la­ti ge­tuig.

S­cott het eg­ter in sy ge­tui­e­nis voor die Ma­ri­ka­na-kom­mis­sie ont­ken hy het ge­sê die be­sluit om die sta­kers uit­een te jaag is deur die po­li­sie se lei­ers­korps ge­neem.

Die Far­lam-kom­mis­sie se ge­tui­e­nis­lei­ers het vir S­cott voor­ge­lees uit N t la tis e waar­sku­wings ver­kla­ring, wat kort ná die skie­te­ry ge­neem is.

S­cott het ge­sê hy was on­be­wus van po­li­sie lei­ers se be­stuurs­ver­ga­de­ring op die voor­aand van die skie­te­ry.

Maar Nt­la­ti het gis­ter vol­ge­hou hy het ge­hoor S­cott sê die po­li­sie se lei­ers­korps het die op­drag ge­gee.

Adv. Is­mail Jam i eS C, die C laas­sen-kom­mis­sies e hoof ge­tui­e­nis lei­er, het Nt­la­ti ge­vra om te spe­si­fi­seer pre­sies wie in die po­li­sie se lei­ers­korps vol­gens hom (Nt­la­ti) ver­ant­woor­de­lik sou wees vir die be­sluit.

“Die na­si­o­na­le po­li­sie­hoof( P h iy ega) en af­de­ling kom­mis­sa­ris­se ,” het Nt­la­ti ge­ant­woord.

Die kom­mis­sie­sit­ting gaan van­og­gend voort.

Oud­brig. Lin­de­la Mashi­go, voor­heen van die po­li­sie se kom­mu­ni­ka­sie­span en tans die Tshwa­ne-me­tro­raad se segs­man, sal na ver­wag­ting van­dag be­gin ge­tuig.

Fo­to’s: THEANA BREUGEM

Genl. Ri­ah P­hiy­e­ga

Oud­reg­ter Neels Claas­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.