G’n par­ty kry dalk meer as 50% in dié 3 ste­de

Beeld - - News - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Dit wil uit na­vor­sing voor­kom of die ANC nie ’n meer­der­heid gaan be­haal in die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in Port E­li­za­beth, P­re­to­ria en Jo­han­nes­burg nie.

Ip­sos Mar­ki­nor reik oor drie we­ke ’n ver­slag uit oor die na­vor­sing wat hy oor die ver­kie­sing in Au­gus­tus ge­doen het. Ma­ri Har­ris, ’n di­rek­teur van die mark­na­vor­sings­a­gent­skap, sê in dié sta­di­um lyk dit of die par­ty min­der as 50% steun in die drie me­tro’s kan kry.

“Maar daar is ook geen an­der par­ty in daar­die ste­de wat meer as 50% van die steun gaan kry nie.

“Die ANC sal dus ’n klei­ner ko­a­li­sie­ven­noot no­dig hê om die meer- der­heid in dié ste­de te vorm en die DA ’n gro­ter ko­a­li­sie­ven­noot.”

In Port E­li­za­beth (die Nel­son Man­de­la-me­tro­pool) het die ANC in die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in 2011 51,91% van die stem­me ge­kry teen­oor die DA se 40,13%; in die Tshwa­ne-me­tro (P­re­to­ria) 55,32% teen­oor die DA se 38,65% en in Jo­han­nes­burg 58,56% teen­oor die DA se 34,62%, vol­gens die On­af­hank­li­ke Ver­kie­sings kom­mis­sie( O VK ).

Prof. An­dré Du­ven­ha­ge, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, s­tem saam dat die ANC sy meer­der­heid in die drie ste­de kan ver­loor.

Maar al kry die ANC sê 48% van die steun in van daar­die ste­de en die DA 30% en meer, is daar steeds so­wat 22% van die stem­me wat los lê. Dit sal vir die ANC mak­li­ker wees om ’n ko­a­li­sie met ’n an­der par­ty te vorm om die meer­der­heid te be­hou as vir die DA.

Du­ven­ha­ge sê dit is nog te gou om te sê pre­sies hoe die ANC werk­lik gaan vaar om­dat hy sta­dig weg­trek en mo­men­tum op­bou na die ver­kie­sing toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.