Slaan ’n kol­hou en wen R100 000

Beeld - - News -

Slaan ’n kol­hou en wen ’n ver­stom­men­de R100 000!

Dit en baie meer is op die spel op die Access E­sta­tes-gholf­dag ten ba­te van die Beeld-Kin­der­fonds.

Die gholf­dag word op 26 Mei op E­bot­se Links in die E­bot­se Gholf en Coun­try E­sta­te in Ryn­field, Be­no­ni, ge­hou.

Hier­die ju­weel aan die OosRand is deur Mat­ko­vich Hay­e­s­ar­gi­tek­te ont­werp en word be­skou as een van die voor­ste gholf­ba­ne in Suid-Afrika.

Die 18 put­jie-gholf­baan lê rond­om die Ryn­field­dam.

’n Plus­punt vir gholf­spe­lers van al­le vaar­dig­heids­vlak­ke is E­bot­se se vier kort put­jies, wat elk sy eie u­nie­ke uit­da­ging bied.

Die krie­ket­spe­ler Kruger van Wyk sal as gas­spre­ker by die eks­klu­sie­we ge­leent­heid op­tree.

Jan L. Jor­daan Pro­ku­reurs borg die mid­dag­e­te.

’n Vier­bal in­skry­wing kos R4 000 en sluit ’n ge­hal­te-gholf­hemp, mid­dag­e­te en prys­uit­de­ling met aand­e­te in.

Set­per­ke en bow­we kan ook ge­borg word teen R6 000, wat ’n vier­bal in­skry­wing in­sluit. Die for­maat is ’n vier­bal-al­li­an­sie.

On­der­steun die Beeld-Kin­der­fonds en maak só ’n ver­skil in ’n min­der­be­voor­reg­te kinds e le­we.

Jou by­drae is be­las­ting af­trek­baar. Ons reik art .18 A- kwi­tan­sies uit. Le­sers kan ook sken­kings aan die Beeld-Kin­der­fonds in­be­taal in die fonds se Ab­sa-re­ke­ning 2840157329, tak­ko­de 632005.

Ge­bruik jou naam, van en sel­foon­nom­mer as ver­wy­sing.

Stuur ’n e-pos na in­fo@beeld­kin­der­fonds.co.za vir na­vrae en be­spre­kings of ska­kel 011 976 2273.

E­bot­se Links in die E­bot­se Gholf en Coun­try E­sta­te in Ryn­field, Be­no­ni. ’n Gholf­dag ten ba­te van die Beeld­Kin­der­fonds word op 26 Mei op die gholf­baan aan­ge­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.