Fliek vir man wat ná 10 j. weer kan sien

Beeld - - News - Ro­zan­ne Els

The Li­on King, A­va­tar, Tree of Li­fe of The Ma­trix?

Na wat­ter fliek sou jy kyk as jy ná tien jaar weer kon sien?

’n Jong man van Kat­le­hong aan die Oos-Rand vra dié vraag na­dat ’n dub­be­le kor­nea-oor­plan­ting sy sig her­stel het.

P­hi­la­ni T­wa­la het sy sig ver­loor toe hy op skool was en sê in ’n vi­deo wat in so­si­a­le me­dia ver­sprei is hoe bang hy was dat hy nooit weer sou kon sien nie.

T­wa­la, wat gaan­de is oor flieks, se o­pe­ra­sie is moont­lik ge­maak deur sken­kings van an­der flie­klief­heb­bers as deel van Ster-Kin e kors e ge­meen­skap s pro­jek, Vi­si­on Mis si­on. Lui­dens hul web­werf kan fliek­gan­gers R2,50 aan dié pro­jek skenk wan­neer hul­le fliek­kaart­jies koop. Dié geld word dan ge­bruik om te be­taal vir bril­le en oog­toet­se vir be­hoef­ti­ge kin­ders.

Ster-Ki­ne­kor het die vi­deo ge­maak om T­wa­la se sto­rie te do­ku­men­teer.

“Op ’n dag het ek wak­ker ge­word en ek kon glad nie sien nie,” sê hy in die vi­deo.

Die oog­siek­te ke­ra­to­ko­nus is by hom ge­di­ag­no­seer en dit het vir hom ge­voel as­of sy le­we ver­by is. “Ek wou die skool ver­laat en net in die huis bly tot­dat ek dood­gaan.”

Ke­ra­to­ko­nus ont­wik­kel wan­neer die kor­nea ver­dun. Dit lei dan tot die ke­ël­vor­mi­ge uit­stul­ping van die kor­nea wat sig laat ver­swak.

Vi­si­on Mis­si­on het al voor­heen by­ge­dra om kor­nea-oor­plan­tings moont­lik te maak en T­wa­la se o­pe­ra­sie was hul der­de pro­jek. Hul­le het dit Pro­ject #O­penEy­es ge­doop en Ster-Ki­ne­kor het Dins­dag voe­lers op T­wit­ter en Fa­ce­book uit­ge­steek om te hoor wat fliek­foen­dies dink die eer­ste fliek moet wees wat T­wa­la met sy nu­we oë moet sien.

Die voor­stel­le het in­ge­stroom. ’n Ge­wil­de voor­stel was A­va­tar van­weë die vi­su­e­le ef­fek­te. Ook die nu­we S­tar Wars- fliek, In­ter­stel­lar, en Cap­tain A­me­ri­ca: Ci­vil War is voor­ge­stel van­weë die vi­su­e­le fees wat dit bied.

T­wa­la sê hy was nog nooit in ’n fliek­te­a­ter nie.

P­hi­la­ni T­wa­la kan ná tien jaar weer sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.