Hul­le werk 4 uur om lyk uit man­gat te kry

Beeld - - News - Han­ti Ot­to

Die brand­weer het by­na vier uur ge­werk om die lyk van ’n oud­po­li­sie­lid uit ’n man­gat in Ca­pi­tal Park, P­re­to­ria, te haal.

Da­nie D­rey­er (64) se lyk was toe al ’n week lank daar­in voor­dat sy ge­we­se vrien­din, Estel­le Red­dy, die po­li­sie in­ge­lig het.

Red­dy het gis­ter saam met Ger­har­dus Pa­pen­fus, Ke­vin John­son en Ru­van Re­gi­o­nald Furst op aan­klag van moord in die land­dros­hof in P­re­to­ria ver­skyn.

Die staat staan hul aan­soek om borg­tog teen.

Konst. Mok­we­na Mo­ja­pe­lo, on­der­soek­be­amp­te, het vroe­ër ge­tuig Red­dy (35) het op 4 A­pril by die Vil­lie­ria-po­li­sie­kan­toor aan­ge­kom.

Sy het glo ge­sê D­rey­er is ver­moor.

“Sy het Pa­pen­fus se huis in Ca­pi­tal Park aan ons uit­ge­wys. Die lyk is in ’n man­gat na­by sy huis ge­kry,” het Mo­ja­pe­lo ge­tuig.

Vol­gens hom het die vrou ook ge­sê Pa­pen­fus (42) het D­rey­er se vuur­wa­pen ge­vat. Dié is glo in die ver­dag­te se kas ge­kry. Die reeks­nom­mer op die wa­pen het be­ves­tig dit was die ver­moor­de s’n.

“Daar is ook plas­tiek­sak­ke met bloed­be­vlek­te kle­re in sy ka­mer ge­vind. Die ver­dag­te het be­weer dit is nie sy­ne nie,” het Mo­ja­pe­lo ge­tuig.

Die po­li­sie het die brand­weer se hulp in­ge­roep om die lyk uit die man­gat te kry.

“’n Mens kon nie sien dit is ’n lyk nie. Dit was in sak­ke toe­ge­draai en che­mi­ka­lieë is oor die oor­le­de­ne ge­gooi.

“Die oor­le­de­ne was nie her­ken­baar nie. Ons moes X-straal­pla­te van sy tand­arts kry om hom te i­den­ti­fi­seer,” het Mo­ja­pe­lo ge­sê.

Vol­gens hom lyk dit as­of D­rey­er in sy slaap­ka­mer in sy huis in Vil­lie­ria ver­moor is.

“Be­skul­dig­de 1 (Red­dy) het die huis en ka­mer uit­ge­wys waar die moord ge­pleeg is. Die ka­mer is ge­brand.”

Red­dy het ook die an­der twee ver­dag­tes se a­dres­se aan die po­li­sie ge­gee.

John­son (29) is op 6 A­pril in Eer­ste­rust vas­ge­trek.

Dit was ’n gro­ter stryd om Furst (42), ook van Eer­ste­rust, in die han­de te kry. Die po­li­sie was verskeie ke­re by sy huis, maar hy was nie tuis nie.

Die po­li­sie het ge­hoor hy het ’n hand­be­se­ring. Furst het glo vir sy fa­mi­lie ge­sê hy het dit op­ge­doen toe hy “ge­kaap” is.

Vol­gens die po­li­sie se in­lig­ting het D­rey­er hom eg­ter ge­byt toe hy om sy le­we ba­klei het.

In die me­die­se ver­slag word die wond be­skryf as ’n “ron­de wond van 0,5 cm wat sep­ties was”.

Furst het hom uit­ein­de­lik op 12 A­pril oor­ge­gee.

Die borg­to­gaan­soek duur voort.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Estel­le Red­dy saam met Ger­har­dus Pa­pen­fus, Ke­vin John­son en Ru­van Re­gi­o­nald Furst by ’n vo­ri­ge hof­ver­sky­ning in die be­skul­dig­de­bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.