Ro­wers val wild­plaas­ei­e­naars in huis aan

Beeld - - News - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die ei­e­naars van ’n pri­va­te wild­plaas na­by Koe­does­kop in Lim­po­po was ure lank vrees­be­van­ge toe vyf ge­wa­pen­de mans hul­le gis­ter­og­gend vroeg in die plaas­huis oor­val en met wa­pens aan­ge­hou het.

San­ta S­wa­ne­poel (56) sê sy en haar man, S­wan­nie (57), het eer­gis­ter­aand op die rus­ban­ke voor die TV aan die slaap ge­raak. Hul­le be­sit die Sun­ward Ranch.

“Net ná mid­der­nag het ons wak­ker ge­skrik met die mans wat voor ons staan en vuur­wa­pens op ons rig.”

Die ro­wers het S­wan­nie teen die kant van die kop ge­slaan. “My man het daar ge­lê en bloei. Dit was ver­skrik­lik erg,” het San­ta ge­sê.

“Ons was baie bang en het nie ge­weet wan­neer hul­le ’n vuur­wa­pen se snel­ler sou trek nie. Hul­le het my ’n paar keer deur die ge­sig ge­klap en een het my ook met die vuis ge­slaan. Maar ek is ou­kei.”

S­wan­nie se ma, Ti­na (76), wat by die eg­paar bly, het in haar ka­mer ge­slaap. Sy is siek­lik en ver­swak. Die ro­wers het haar uit die ka­mer gaan haal en hard­han­dig na die woon­ka­mer ge­vat.

S­wan­nie het die ro­wers ge­vra om haar te­rug te vat na haar ka­mer. Hul­le het haar toe in haar slaap­ka­mer vas­ge­bind.

“Hul­le het ons han­de met ka­bel­bin­ders vas­ge­bind en die he­le tyd hul vuur­wa­pens op ons ge­rig,” het San­ta ge­sê.

Die ro­wers het die huis ge­plun­der. “Hul­le het al­les waar­aan jy kan dink, ge­steel.”

Hul­le het ge­sê hul­le soek wa­pens en geld, maar het ook met TV’s, kle­re, ju­we­le, skoe­ne en selfs ’n S­pring­bok-rug­by­trui in die eg­paar se Toyo­ta Hi­lux-bak­kie ge­vlug.

Hul­le het ook ’n 9 mm-pis­tool ge­steel.

Na­dat hul­le weg is, kon die S­wa­ne­poels hulp ont­bied.

Oud­kol. Sak­kie Lou­w­rens, wat deel is van die mis­daad­be­stry­dings­groep He­ri­ta­ge Pro­tecti­on Group (HPG), en wag­te van ’n vei­lig­heids­maat­skap­py het blit­sig ge­re­a­geer.

Hul­le het die bak­kie met be­hulp van ’n op­spo­ring­stel­sel daar­in ge­volg tot­dat dit in Ma­me­lo­di, oos van P­re­to­ria, op­ge­spoor is.

Lou­w­rens sê al die ge­steel­de goe­de­re en die bak­kie is te­rug­ge­kry.

Die ver­dag­tes het weg­ge­hard­loop, maar ’n groot soek­tog is na hul­le be­gin.

San­ta sê dit lyk as­of die ro­wers ’n ven­ster na­by ’n deur oop­ge­breek het en toe met iets die sleu­tels van ’n muur af­ge­haak en by ’n deur in­ge­kom het.

“Ons is nog baie deur­me­kaar. Ons het ge­hoor al die ge­steel­de goed is te­rug­ge­kry, maar ons het nog niks ge­sien nie.”

Die po­li­sie on­der­soek ’n saak van ge­wa­pen­de huis­roof en nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

S­wan­nie en San­ta S­wa­ne­poel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.