Man vas na­dat hy pad­valk glo aan­val

Beeld - - News - – News24

’n Mo­to­ris is in heg­te­nis ge­neem om­dat hy ’n lid van die Jo­han­nes­burg­se me­tro­po­li­sie­diens (JMPD) glo aan­ge­rand en die k-woord toe­ge­snou het.

Die voor­val is op ’n sel­foon­ka­me­ra vas­ge­vang en is in­tus­sen in so­si­a­le me­dia ver­sprei.

Fran­cois Nel, ’n ver­by­gan­ger, het die voor­val Dins­dag­og­gend in Mid­rand af­ge­neem en die vi­deo op sy Fa­ce­book-blad ge­plaas.

In die vi­deo kan ge­sien word hoe ’n on­ge­ï­den­ti­fi­seer­de wit man uit sy mo­tor ge­trek word.

Die be­amp­tes vat sy vuur­wa­pen af ter­wyl hy vra hoe­kom hy ge­ar­res­teer word.

Die man sê die be­amp­te het hom in die ge­sig ge­slaan en hy vra hulp.

Daar kan ge­hoor word hoe die man vra: “Hoe­kom ar­res­teer jul­le my? Ek het nog nooit e­nig­ie­mand daai woord ge­noem nie.”

Vol­gens Nel het hy stil­ge­hou toe hy sien om­trent 20 men­se drom om die man se mo­tor saam. Hy sê hy het ge­hoor die po­li­sie be­skul­dig die man daar­van dat hy die k-woord ge­bruik het.

Vol­gens Nel het die po­li­sie die man ook daar­van be­skul­dig dat hy sy wa­pen op hul­le ge­rig het.

Die man het blyk­baar nooit sy vuur­wa­pen uit­ge­haal nie.

Teen Dins­dag­aand is die vi­deo meer as 16 000 keer be­kyk en 1 000 keer op Fa­ce­book ge­deel.

“Die po­li­sie­le­de het nooit ge­sê hoe­kom hul­le die man in heg­te­nis neem nie. Hul­le het hom net in die mo­tor ge­laai,” sê Nel.

Vol­gens hoof­supt. Way­ne Min­naar, woord­voer­der van die JMPD, het ’n JMPD-su­per­in­ten­dent in ’n on­ge­merk­te voer­tuig die be­stuur­der van die Kia-mo­tor voor­ge­keer om­dat hy roe­ke­loos be­stuur het.

“Die be­stuur­der het hand­ge­ba­re ge­maak en die su­per­in­ten­dent die k-woord ge­noem,” sê Min­naar.

Hy sê die be­stuur­der het die su­per­in­ten­dent met sy sleu­tel in die nek ge­steek.

Die man is ge­ar­res­teer en sy vuur­wa­pen is af­ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.