Val­ke se man dink nes Hit­ler oor leu­en

Beeld - - News - Pau­li van Wyk

Die woord­voer­der van die Val­ke het hom in ’n ti­ra­de teen­oor The S­tar met A­dolf Hit­ler ver­een­sel­wig.

B­rig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi het be­skul­di­gings teen sy be­vel­voer­der, lt.genl. Mt­han­da­zo Nt­le­me­za, hoof van die e­li­te-teen­mis­daad­een­heid, af­ge­maak deur ’n me­di­a­ver­kla­ring af te sluit met die woor­de: “Ek ver­een­sel­wig my met A­dolf Hit­ler, wat ge­sê het as jy ’n leu­en ver­tel wat groot ge­noeg is en dit ge­reeld her­haal, sal dit die waar­heid word.”

Mu­lau­d­zi se ver­kla­ring was in re­ak­sie op The S­tar se voor­blad­be­rig van 29 A­pril waar­in be­weer is Nt­le­me­za kan aan­ge­kla word van on­der meer regs­ver­y­de­ling. Hy het glo ’n po­li­sie­of­fi­sier wat be­skul­dig is van be­drog be­skerm om­dat dié glo ’n ver­hou­ding met sy dog­ter het.

Die saak is vyf jaar oud en die dos­sier lê by die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) vir ’n be­sluit oor ver­vol­ging, het The S­tar be­rig.

Mu­lau­d­zi meen joer­na­lis­te voer ’n a­gen­da teen Nt­le­me­za uit en dien as spreek­buis vir “on­smaak­li­ke ka­rak­ters” wat hul vi­sier op die Val­ke en die re­ge­ring het.

“En dit is al­tyd waar, daar is geen ma­nier om die teen­deel te be­wys nie,” het Mu­lau­d­zi ge­sê.

’n Reg­ter het Nt­le­me­za vroe­ër as ’n “leu­e­naar” be­skryf wat “die waar­heid ver­draai”.

Hit­ler het in sy pro­pa­gan­da­boek, Mein Kampf (1925), ge­skryf ’n leu­en kan so groot en on­ge­loof­lik wees dat nie­mand die teen­deel sal glo nie.

Hy het aan­ge­voer dié teg­niek is op ’n on­reg­ver­di­ge ma­nier deur die Jo­de ge­bruik om E­rich Lu­den­dorff, ’n Duit­se weer­mag­ge­ne­raal, vir Duits­land se ne­der­laag in die Eer­ste Wê­reld­oor­log te bla­meer.

Die groot-leu­en-te­o­rie is ook be­kend as die Goeb­bels-be­gin­sel. Dit is ge­noem na Joseph Goeb­bels, Na­zi-Duits­land se pro­pa­gan­da­mi­nis­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.