Woe­de oor ses dooie hon­de

Ha­re waai toe tak van DBV weg­breek

Beeld - - News - Su­san Cil­liers

’n Die­re­ha­we in S­til­fon­tein het die Na­si­o­na­le Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (NDBV) uit hul per­seel ge­sluit na­dat die ver­e­ni­ging Dins­dag hon­de daar van kant ge­maak het.

Woe­den­de die­re­lief­heb­bers het op Fa­ce­book be­weer die NDBV het al die die­re in die ha­we van kant ge­maak. Die NDBV het hek­slot­te oop­ge­breek om in te kom na­dat per­so­neel­le­de van die Mat­losa­na Animal S­hel­ter ge­wei­er het om hul­le toe te laat.

Die per­so­neel het in­tus­sen nu­we slot­te laat aan­bring, DBV-bor­de ver­wy­der en ’n pri­va­te vei­lig­heids­maat­skap­py se diens­te in­ge­roep om te keer dat die­re-in­spek­teurs die per­seel weer bin­ne­kom.

Su­zet­te Kot­zé, be­stuur­der van die die­re­ha­we, het gis­ter

Ons het net ses hon­de en ’n kat op ver­soek van hul ei­e­naars van kant ge­maak om­dat die die­re oud of siek was.

ge­sê hul­le gaan van­og­gend ’n ty­de­li­ke hof­be­vel vra om die NDBV hul per­seel te ver­bied.

“Hul­le het niks hier ver­loor nie, ons is nie meer deel van hul­le nie.”

Die ha­we was tot in A­pril ’n DBV-tak, maar het vol­gens Kot­zé weg­ge­breek om­dat die NDBV haar “teis­ter”.

Meg Wil­son, NDBV-in­spek­teur, sê die Fa­ce­book-be­we­rings is heel­te­mal oor­dre­we.

“Ons het net ses hon­de en ’n kat op ver­soek van hul ei­e­naars van kant ge­maak om­dat die die­re oud of siek was.”

Kot­zé sê op haar beurt hul­le het self Dins­dag­og­gend vier hon­de van kant ge­maak weens die swak toe­stand waar­in hul­le was.

“Die NDBV het baie meer as ses hon­de van kant ge­maak. Ek weet hoe­veel die­re hier was.”

Vol­gens Wil­son het hul­le eer­gis­ter soon­toe ge­gaan om die tak oor te neem om­dat Kot­zé ge­skors en die tak se ko­mi­tee ont­bind is han­gen­de ’n on­der­soek na Kot­zé weens on­der meer be­weer­de ras­sis­me.

“Ons het ook be­wy­se dat sy die­re weg­ge­gee het son­der om die reg­te pro­se­du­re te volg.”

Wil­son sê die tak het sy naam nog nie wet­tig ver­an­der nie en dat die NDBV steeds ’n huur­oor­een­koms met die Mat­losa­na-mu­ni­si­pa­li­teit het.

Vol­gens Kot­zé is die ha­we be­sig om as ’n nie-re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie te re­gis­treer. Hul­le on­der­han­del ook met die mu­ni­si­pa­li­teit om die huur­kon­trak in hul naam oor te dra. Sy be­weer die NDBV “teis­ter” haar se­dert 2013, on­der meer om­dat sy ont­hul het dat verskeie NDBV-in­spek­teurs glo be­trok­ke is by han­del in die­re vir on­der meer veg­doel­ein­des.

Wil­son het die be­we­rings ont­ken.

Fo­to: SU­SAN CIL­LIERS

Su­zet­te Kot­zé, be­stuur­der van die Mat­losa­na Animal S­hel­ter, gis­ter by twee ba­ba­hond­jies wat nie van kant ge­maak is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.