Tuinsentrum skik oor 49 ape wat ver­wy­der is

Beeld - - News - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die 49 a­pies waar­oor ’n drin­gen­de aan­soek in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria aan­ge­hoor is, gaan in drie sar­sies na hul nu­we tuis­te in die M­pa­ta­ma­cha-wild­kom­pleks by Vaal­wa­ter ge­neem word.

Dít is die uit­ein­de van die ge­skil tus­sen die Litt­le Falls-tuinsentrum in Mul­ders­drift en International P­ri­ma­te Res­cue (IPR).

Die a­pies is op 23 A­pril met ’n las­brief deur IPR van Litt­le Falls se per­seel ver­wy­der om­dat dié red­dings­or­ga­ni­sa­sie ge­meen het die die­re is in ’n ver­waar­loos­de toe­stand.

Reg­ter Jo­han Louw het eer­gis­ter Litt­le Falls se drin­gen­de aan­soek aan­ge­hoor waar­in hul­le ’n be­vel ge­vra het om die a­pies te­rug te kry.

Die a­pies word in dié sta­di­um in ’n die­re­ha­we noord van P­re­to­ria ge­hou.

Die par­tye het gis­ter ’n skik­king be­reik na­dat Louw ge­sê het hul­le moet “af­koel” en ’n plan op­stel.

Die skik­king, wat ’n hof­be­vel ge­maak is, lui dat IPR die a­pies in drie sar­sies (op 13, 20 en 27 Mei) van die die­re­ha­we na M­pa­ta­ma­cha kan neem.

So­wat 15 a­pies sal op ’n slag ver­voer word, ver­kies­lik in hul hui­di­ge trop­pe.

Die skik­king lui dat IPR op sy kos­te min­stens een vee­arts saam met el­ke vrag a­pies sal stuur. Een van die vee­art­se moet ’n ver­slag oor die af­ge­le­wer­de a­pies in­dien.

IPR sal ’n vee­arts op­drag gee om die a­pies een keer per maand in M­pa­ta­ma­cha te on­der­soek. Die eer­ste on­der­soek sal nie voor 24 Ju­nie wees nie.

Die skik­king lui dat IPR die drie skil­paaie waar­op hy ook by Litt­le Falls be­slag ge­lê het, sal te­rug­gee. Dít is om­dat die las­brief vir die ver­wy­de­ring van die a­pies nie voor­sie­ning ge­maak het vir die skil­paaie ook nie.

IPR sal teen 12:00 op 17 Mei R90 000 in ’n pro­ku­reurs­fir­ma se trust­re­ke­ning in­be­taal, waar­na hy drie van die a­pies sal be­sit. Dít is ’n spe­si­fie­ke man­tel­aap en twee spe­si­fie­ke mar­mo­set­te.

El­ke par­ty moet sy eie regs­kos­te be­taal vir dié drin­gen­de hof­aan­soek.

Die skik­king lui voorts dat M­pa­ta­ma­cha en sy ei­e­naars on­der­neem om die a­pies te ver­sorg en deur vee­art­se te laat be­han­del.

Die wild­kom­pleks en sy ei­e­naars on­der­neem om e­ni­ge vee­arts wat deur IPR ge­stuur word, re­de­li­ke toe­gang tot die a­pies te gee.

Lui­dens hof­stuk­ke is A­de­le­ne Toxo­peus die e­nig­ste lid van die be­slo­te kor­po­ra­sie Litt­le Fall­s­tuin­sen­trum.

Toxo­peus het ge­sê ’n land­dros het ver­keer­de­lik ’n las­brief aan IPR vir die ver­wy­de­ring van die a­pies by Litt­le Falls uit­ge­reik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.