O­proer­ma­kers brand 13 sko­le af

Hul­le wil nie in nu­we mu­ni­si­pa­li­teit wees

Beeld - - News - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Se­dert Son­dag is 13 sko­le in die Vu­wa­ni-streek van Lim­po­po al af­ge­brand deur o­proer­ma­kers wat nie deel wil wees van ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit nie.

Dui­sen­de leer­lin­ge van so­wat 50 sko­le in die ge­bied kan weens die ge­weld nie skool toe gaan nie om­dat hul­le ge­ïn­ti­mi­deer word .

Eer­gis­ter­aand is ne­ge sko­le aan die brand ge­steek, sê lt.kol. Ma­le­se­la Ledwa­ba, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po.

“Se­dert Son­dag is 13 sko­le heel­te­mal in bran­de ver­woes en nog drie is ge­deel­te­lik be­ska­dig.”

Verskeie vrag­mo­tors van die de­par­te­ment van o­pen­ba­re wer­ke in Lim­po­po en die Mak­ha­do-mu­ni­si­pa­li­teit in Lou­is T­ri­chardt is ook aan die brand ge­steek, as­ook ’n sa­tel- liet­po­li­sie­kan­toor in die Mas­hau-ge­bied en ’n pos­kan­toor na­by Le­vu­bu.

Die ge­weld in Vu­wa­ni het Son­dag uit­ge­breek na­dat die hoog­ge­regs­hof in Lim­po­po Vry­dag be­slis het in­wo­ners het nie gron­di­ge re­des om die nu­we mu­ni­si­pa­le af­ba­ke­nings teen te staan nie.

Paaie in die ge­bied, so­wat 150 km noord­oos van Po­lo­kwa­ne, is met groot klip­pe ver­sper. O­proe­ri­ges ver­hin­der voer­tuie om in of uit die ge­bied te ry.

Vu­wa­ni is nou deel van die Mak­ha­do-mu­ni­si­pa­li­teit in Lou­is T­ri­chardt.

Met die nu­we mu­ni­si­pa­le af­ba­ke­nings gaan Vu­wa­ni ná die ver­kie­sing deel wees van ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit, wat ook Ma­la­mu­le­le sal in­sluit.

Dr. Na­le­d­za­ni Ra­si­la, woord- voer­der van die de­par­te­ment van on­der­wys in Lim­po­po, het by in­wo­ners ge­pleit om leer­lin­ge toe te laat om skool te gaan.

P­hu­ti Se­lo­ba, woord­voer­der van die Lim­po­po-re­ge­ring, het die ge­weld ver­oor­deel.

“Om sko­le af te brand was nog nooit en sal nooit re­vo­lu­si­o­nêr wees nie,” het hy ge­sê.

’n Week ge­le­de het pres. Ja­cob Zu­ma in Giy­a­ni op ’n Vry­heids­dag-vie­ring ge­sê die re­ge­ring sal nie sko­le wat af­ge­brand word pri­o­ri­ti­seer vir herstelwerk nie.

S­tan Mat­ha­ba­tha, pre­mier van Lim­po­po, het ge­sê daar is reeds ’n erns­ti­ge geld­te­kort om sko­le te her­stel.

Fo­to: RUDZANI TSHIKORORO

Die Vu­d­za­ni Se­con­da­ry S­chool in die Vu­wa­ni­ge­bied in Lim­po­po is een van 13 sko­le wat deur be­to­gers af­ge­brand is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.