Toe­lae­a­gent­skap stuur húl­le nie

Beeld - - News - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir be­staans­be­vei­li­ging (Sas­sa) sê be­guns­tig­des van toe­la­es moet die po­li­sie bel as ie­mand na hul huis kom en sê hul­le is van die a­gent­skap.

“Sas­sa stuur nie ver­teen­woor­di­gers uit nie. Ons ver­koop ook nie fi­nan­si­ë­le diens­te nie. Dié men­se is nie ons nie.

“Hul­le is mis­da­di­gers en huis­ei­e­naars moet die po­li­sie bel,” het K­go­mo­co Di­se­ko, woord­voer­der van Sas­sa, gis­ter ge­sê.

Die waar­sku­wing kom na­dat ’n paar­tjie van Chris­ti­a­na in Noord­wes ge­sê het hul­le ver­loor maan­de­liks geld en weet nie waar­heen dit gaan nie.

Ro­bert M­cK­nig­ht (59) en sy le­wens­maat, Va­le­rie du P­reez (62), al­bei pen­si­oen­trek­kers, was bit­ter ont­steld toe hul­le die af­ge­lo­pe twee jaar min­der geld ge­kry het as wat hul­le moes. Vol­gens M­cK­nig­ht is tus­sen R20 en R400 maan­de­liks van hul toe­la­es af­ge­trek.

Dit ge­beur glo dat men­se se­ke­re fi­nan­si­ë­le diens­te koop by men­se wat hul­le voor­doen as Sas s a-ver­teen­woor­di­gers.

Die skelms sê eers hul­le is van die een of an­der ver­se­ke­raar en dat die be­guns­tig­de van die toe­lae ie­wers moet te­ken.

As dit nie uit­werk nie, sê hul­le hul­le is eint­lik van Sas­sa en dreig dan die men­se om te te­ken of an­ders sal hul­le hul toe­lae ver­loor.

Die geld word dan maan­de­liks af­ge­trek en die be­guns­tig­de weet nie na wie dit gaan nie.

Vol­gens Di­se­ko moet men­se ook let op die kos­te van ban­ke en kits­bank-ont­trek­kings.

“Die Sas­sa-kaart is ’n ge­wo­ne de­biet­kaart en werk vol­gens nor­ma­le bank­re­ëls.”

Hy het ver­der ver­dui­de­lik daar is ’n ver­skil tus­sen e­lek­tro­nie­se geld­oor­pla­sings (EFT’s) en af­trek­kings.

“’n Voor­beeld van ’n af­trek­king is die geld wat ’n werk­ge­wer van ’n werk­ne­mer se sa­la­ris af­trek vir by­voor­beeld ’n me­die­se fonds. Die be­drag word af­ge­trek voor­dat die sa­la­ris in die werk­ne­mer se re­ke­ning be­taal word. ’n EFT is ’n oor­een­koms tus­sen die werk­ne­mer en by­voor­beeld ’n kle­re­win­kel. Die werk­ge­wer het niks te doen met jou per­soon­li­ke re­ke­nin­ge nie.”

Die e­nig­ste af­trek­king wat toe­laat­baar is op ie­mand se Sas­sa-re­ke­ning is ’n be­graf­nis­po­lis. Die be­drag daar­voor mag nie meer as 10% van die toe­lae wees nie.

Sas­sa het’ n dis­puut re­so­lu­sie­me­ga­nis­me om be­guns­tig­de ste help om on­ge­mag­tig­de de­biet­or­ders op te los.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.