Le­su­fi wil nie hê dat hoof­de klas­gee

Beeld - - News - Car­ryn­Ann Nel

Geen skool­hoof in Gau­teng be­hoort klas te gee nie, meen Pa­ny­a­za Le­su­fi, LUR vir on­der­wys.

Hy voer ge­sprek­ke met die mi­nis­ter van on­der­wys daar­oor en wil die voor­stel ook op die vol­gen­de ver­ga­de­ring van die Suid-A­fri­kaan­se Raad van Op­voe­ders (Sa­ce) doen.

“Die re­de is dat skool­hoof­de meer op die ad­mi­nis­tra­sie van die sko­le moet fo­kus,” sê Ou­pa Bo­di­be, waar­ne­men­de woord­voer­der van die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment.

“Dit sal na­tuur­lik ’n ver­an­de­ring in be­leid verg.”

Le­su­fi het sy voor­stel eer­gis­ter op ’n ver­ga­de­ring met skool­hoof­de in die pro­vin­sie ge­doen.

Hy het toe ook sy kom­mer uit­ge­spreek oor be­heer­lig­ga­me se mag­te wat be­tref aan­be­ve­lings oor nu­we skool­hoof­de. Hy meen be­heer­lig­ga­me se mag­te moet be­perk word.

Daar­by het hy voor­ge­stel dat ’n forum ge­stig word om ge­skil­le tus­sen skool­hoof­de en be­heer­lig­ga­me te be­sleg.

Beeld het ’n paar skool­hoof­de om kom­men­taar ge­na­der oor Le­su­fi se voor­stel.

Een het ge­sê: “Dit is baie po­si­tief. Dit gee skool­hoof­de die ruim­te om be­stuurs­funk­sies te ver­rig en daar­op te fo­kus. Dit was ab­so­luut ’n lig­straal­tjie om dit te hoor. Ek dink skool­hoof­de wat klas­gee, is baie al­ge­meen.”

Nóg een sê: “Ek is self nog ’n on­der­wy­ser in ’n paar klas­se.

“Dit is lek­ker om steeds met kin­ders op daar­die vlak te doen te hê en dis lek­ker om te weet hul­le weet ek is nog in die klas.

“Maar dit hang van die skool af. As ’n hoof by­voor­beeld nie ge­noeg ad­junk- of de­par­te­ments­hoof­de het nie, is dit vir ’n hoof moei­lik om al­leen ’n skool te be­stuur. Maar in ons op­set werk dit vir my dat ek kan skool­hou.”

’n Der­de een meen: “Dit is ’n plus­punt. ’n Hoof wat skool­hou, kom nie nood­wen­dig by sy an­der ver­plig­tin­ge uit nie.”

Pa­ny­a­za Le­su­fi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.