Tal­le gril vir kaas en span­spek in Kit Kat

Beeld - - News - – Su­zaan Pot­gie­ter

Ja­pan het ver­le­de week ’n Kit Kat-sjo­ko­la­de­sta­fie met ’n splin­ter­nu­we geur be­kend ge­stel, maar nie al­mal is ewe op­ge­won­de daar­oor nie.

Die nu­we skep­ping be­vat Hok­kai­do-span­spek en mas­car­po­ne­kaas.

Vol­gens Kit Kat se web­werf be­vat dit die lig­te, soet smaak van Hok­kai­do-span­spek en die vars smaak van mas­car­po­ne in ’n poei­er­vorm, om­vou deur soet wa­fel­be­skuit­jie en wit­sjo­ko­la­de.

Op T­wit­ter is die nu­we Kit Kat met ge­meng­de re­ak­sie be­groet. Een per­soon het vin­nig daar­op ge­wys dat ti­ra­mi­su van mas­car­po­ne ge­maak word en dat die Kit Kat heer­lik be­hoort te wees.

An­der het ver­skil en na die skep­ping as aak­lig en die erg­ste i­dee tot nog toe ver­wys. “Kaas-Kit Kat? Dis een bre­ak wat ek be­slis nie gaan neem nie,” het ie­mand op T­wit­ter ge­sê.

Die nu­we skep­ping kom kort ná die be­kend­ma­king van twee an­der geu­re, Ja­pan­se aar­bei en Uki Ma­t­cha­groen­tee.

Daar is ook in Ja­pan vreem­de Kit Kat-kom­bi­na­sies, soos die Kit Kat met die geur van Ja­pan­se ris­sie, rooi­boon­tjie-toe­brood­jie, ge­roos­ter­de Ho­ji­cha-tee en rys­wyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.