Trump­spoe­dig?

‘The Don’ ’n tree na­der aan die Wit­huis

Beeld - - Wêreld­beeld -

In­di­a­na­po­lis. – Sen. Ted Cruz van die Re­pu­bli­kein­se Par­ty het van­dees­week er­ken dat hy die hui­di­ge veld­tog ver­loor het, maar die deur oop­ge­los vir ’n moont­li­ke toe­koms­ti­ge po­ging om pre­si­dent van die VSA te word.

Cruz (45), wat nog vir twee jaar ’n se­na­tor van Tex­as sal wees voor­dat hy in 2018 ’n her­ver­kie­sing­stryd be­gin, het aan on­der­steu­ners in In­di­a­na, waar hy sleg teen Do­nald Trump ver­loor het, ge­sê sy veld­tog vir die be­noe­ming word ge­staak, maar dat sy rol in die toe­koms van die par­ty nie ver­by is nie.

“Ek skort nie ons stryd vir vry­heid op nie,” het Cruz ge­sê, wat nou sal moet be­sluit of hy Trump in die pre­si­dents­ver­kie­sing sal steun.

Cruz kan een van verskeie Re­pu­bli­kei­ne wees wat aan die be­noe­ming­stryd van 2020 kan deel­neem na­dat hy van­jaar nie daar­in kon slaag o mas pre­si­dent s kan­di­daat aan­ge­wys te word nie.

Dít na­tuur­lik as Trump nié die vol­gen­de pre­si­dent van die VSA word nie.

Sy vol­gen­de toets sal wees om sy rol in die ko­men­de pre- s id ent s ver­kie­sing te de­fi­ni­eer en om te be­sluit of hy, ná maan­de van ’n he­wi­ge stryd teen Trump, sy ge­wig ag­ter Trump sal in­gooi.

Trump sal ui­ter­aard Cruz se on­der­steu­ning wil hê in sy po­gings om die Re­pu­bli­kein­se Par­ty te ver­e­nig ná ’n bit­te­re be­noe­ming­stryd.

“Ek wil Ted Cruz ge­luk­wens,” het Trump in New York ten ty­de van ’n oor­win­naar­saam­trek ge­sê. “Hy is ’n on­ver­set­li­ke, slim op­po­nent.”

Met die be­ëin­di­ging van sy veld­tog het smou­se op straat in In­di­a­na­po­lis T-hem­de met Cruz se veld­tog slag­spreuk daar­op teen ’n reu­se-af­slag ver­koop.

Cruz se on­der­steu­ners het in die om­ge­bou­de sta­sie­ge­bou waar sy laas­te by­een­koms ge­hou is, rond­ge­dwaal. Som­mi­ge het ge­huil en an­der het me­kaar om­hels toe die nuus tot hul­le deur­ge­dring het.

“Cruz het se­ker­lik be­ter ver­toon as wat e­nig­een in Washing­ton ver­wag het, en hy het da­rem nog vir Tex­as. Maar niks kan die Trump-ma­sjien nou stuit nie,” het Joe B­ret­tell, ’n po­li­tie­ke stra­teeg van Tex­as, ge­sê.

Fo­to: REU­TERS

Do­nald Trump hou sy oor­win­nings­toe­spraak Dins­dag in Trump To­wer, New York, na­dat hy die stryd om as Re­pu­bli­kein­se pre­si­dents­kan­di­daat aan­ge­wys te word, ge­wen het.

Fo­to: REU­TERS

’n On­der­steu­ner van sen. Ted Cruz in tra­ne ná sy aan­kon­di­ging in In­di­a­na­po­lis, In­di­a­na, dat hy hom ont­trek.

Fo­to: AP

Sen. Ted Cruz om­hels sy vrou, Hei­di, en sy pa, Ra­fa­el, na­dat hy aan­ge­kon­dig het dat hy hand­doek in­gooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.