He­le stad in pad van reu­se­brand

Beeld - - Wêreld­beeld -

Cal­ga­ry (Ka­na­da). – ’n Groot deel van dié stad gaan in puin ge­lê word.

Dié vrees is gis­ter­mid­dag uit­ge­spreek ter­wyl die so­wat 80 000 in­wo­ners van die stad Fort M­cMur­ray in die pro­vin­sie Al­ber­ta hul hui­se ont­ruim het ter­wyl ’n reu­se-bos­brand in die om­ge­wing ge­woed en de­le van die stad ver­swelg het.

Om sake te ver­er­ger is ’n hoof­roe­te uit die stad, Highway 93, deur die brand on­be­gaan­baar ge­maak. Die stad se lug­ha­we is ook ont­wrig en tal­le vlieg­tuie kon nie op­styg nie.

Die sterk wind wat van­dees­week in die streek woed, het die brand voort­ge­dryf. Dit het Son­dag ont­staan en is vin­nig deur die wind aan­ge­help.

Teen gis­ter is ’n he­le woon­buurt in die suid­oos­te van die stad in puin ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.