On­ge­slyp­te kne­wel kan meer as R1 mjd. op vei­ling haal

Beeld - - Sake - Elma Klop­pers

Jo­han­nes­burg. – Die Le­se­di la Ro­na-di­a­mant van ’n ko­los­sa­le 1 109 ka­raat, wat in No­vem­ber in 2015 in die Ka­ro­we-myn in Botswa­na ont­dek is, gaan in Lon­den op­ge­veil word.

Sot­he­by’s, wat die vei­ling gaan be­har­tig, raam dat dié on­ge­slyp­te kne­wel vir meer as $70 mil­joen (so­wat R1,04 mil­jard) kan ver­koop.

Daar word ge­raam dat die steen, rof­weg so groot soos ’n ten­nis­bal met bui­ten­ge­wo­ne deur­sig­tig­heid, tus­sen 2,5 mil­jard en 3 mil­jard jaar oud kan wees.

Le­se­di la Ro­na be­te­ken “ons lig” in Tswa­na en is die groot­ste on­ge­slyp­te di­a­mant wat van­dag be­staan.

Dit is ook die groot­ste di­a­mant wat in meer as 100 jaar ge­vind is.

Op grond van groot­te, word dié steen net oor­tref deur die le­gen­da­rie­se Cul­li­nan-di­a­mant, die wê­reld se groot­ste di­a­mant van 3 016,75 ka­raat, wat op 26 Ja­nu­a­rie 1905 bui­te P­re­to­ria ge­myn is.

Dié ju­weel is op­ge­sny in ne­ge for­mi­da­be­le ste­ne, wat al­mal deel uit­maak van die his­to­rie­se kroon­ju­we­le van B­rit­tan­je.

Dit sluit die peer­vor­mi­ge G­re­at S­tar of A­fri­ca in, wat teen 530,20 ka­raat tans die groot­ste ge­slyp­te steen van top­ge­hal­te is.

Vol­gens on­af­hank­li­ke ver­slae be­skik Le­se­di la Ro­na oor die po­ten­si­aal om die groot­ste ge­slyp­te steen ter wê­reld voort te bring en dat dit as ’n “D”-kleur ge­klas­si­fi­si­eer sal wees, die hoog­ste kleur klas­si­fi­ka­sie vir wit di­a­man­te.

Da­vid Ben­nett, wê­reld­wye voor­sit­ter van Sot­he­by’s se ju- we­liers­wa­re-af­de­ling, sê die ont­dek­king van die steen is die vonds van ’n leef­tyd en só iets is nog nie te­vo­re aan ’n wê­reld-vei­lings­ge­hoor aan­ge­bied nie.

Die di­a­mant gaan op 7 Mei by Sot­he­by’s in New York uit­ge­stal word en by Sot­he­by’s in Lon­den va­n­af 18 Ju­nie tot 28 Ju­nie, waar­na dit op 29 Ju­nie op­ge­veil gaan word.

Le­se­di la Ro­na, die groot­ste on­ge­slyp­te di­a­mant ter wê­reld van 1 109 ka­raat, word in Ju­nie in Lon­den op­ge­veil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.