Rand ver­loor ver­der veld

Beeld - - Sake - Hanlie Stadler

Kaap­stad. – Die rand het Woens­dag met nóg 33c teen­oor die dol­lar ver­swak en teen laat­mid­dag selfs R14,95 per dol­lar ge­tref.

Die rand het Dins­dag be­gin tui­mel en toe meer as 43c teen­oor die dol­lar ver­loor.

Ma­ria Mul­ler van T­re­a­su­ryO­ne sê hoe­wel hul­le ver­wag het dat die rand sou af­plat ná sy A­pril-hoog­te­pun­te van tot R14,12, “het ons nie ver­wag dat die rand so­veel veld sal ver­loor son­der dat e­ni­ge be­lang­ri­ke eer­ste­vlak-da­ta uit­ge­reik is nie”.

Nie­te­min sê sy die af­ge­lo­pe maan­de se wis­sel­val­lig­heid in die rand be­te­ken ’n mens kan nooit’ n ver­han­de­lings band van 50c in een dag bui­te re­ke­ning laat nie.

An­der fak­to­re wat teen die rand ge­tel het, is dat die In­ter­na­si­o­na­le Mo­ne­tê­re Fonds sy voor­uit­sig vir wê­reld­groei Dins­dag weer ver­laag het, dié keer tot 3,2%. Vrees oor wê­reld­groei – en ver­al C­hi­ne­se groei – het hulp­bron­pry­se weer laat daal na­dat daar in A­pril ten­ta­tie­we te­kens van her­stel was.

Boon­op het twee le­de van die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad ge­sê hul­le steun’ n ren­te koers­ver­ho­ging in Ju­nie as die Amerikaanse e­ko­no­mie op koers bly. Dit het die dol­lar se­dert Dins­dag laat styg, ook teen­oor an­der groot geld­een­he­de.

Die dol­lar is Woens­dag ge­steun deur nuus dat die VSA se o­lie­voor­raad nou die hoog­ste nog is, vol­gens die land se de­par­te­ment van e­ner­gie. Mul­ler sê daar is ’n noue ver­band tus­sen hoë o­lie­voor­raad en die swak rand.

Die rand het in A­pril met meer as 9% ver­sterk. Mo­ham­med Nal­la van Ned­bank Ca­pi­tal sê eg­ter die rand kan maar net nie sy ver­ster­king “kon­so­li­deer” nie. “Teg­nies voor­spel dit niks goeds vir die plaas­li­ke geld­een­heid nie, en daar is ook voort­sle­pen­de kom­mer oor ’n plaas­li­ke af­gra­de­ring.”

Die JSE het Woens­dag ef­fens ge­daal en die dag 0,07% la­er op 51 873,50 pun­te af­ge­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.