Bar­clays gee eer­ste tree om Afrika te ver­laat

Beeld - - Sake - – Niel Jou­bert

Jo­han­nes­burg. – Bar­clays het die eer­ste tree ge­gee om ont­slae te raak van sy be­dry­wig­he­de in Afrika, wat Ab­sa in­sluit.

Die bank het op 1 Maart ge­sê hy wil sy 62%-be­lang in Bar­clays A­fri­ca oor die vol­gen­de twee tot drie jaar ver­koop.

Bar­clays het Woens­dag op Sens, die JSE se nuus­diens, ge­sê as deel van sy plan­ne gaan hy 103,6 mil­joen ge­wo­ne aan­de­le, of so­wat 12,2% van die uit­ge­reik­te aan­de­le­ka­pi­taal, ver­koop.

Die O­pen­ba­re Be­leg­gings kor­po­ra­sie, wat reeds 5,6% van Bar­clays A­fri­ca be­sit, het be­ves­tig dat hy ’n an­ker­be­leg­ger in die aan­de­le­pla­sing gaan wees vir so­veel as 10,3 mil­joen aan­de­le, of so­wat 1,2% van die maat­skap­py.

Dit is die mak­si­mum wat toe­ge­laat word son­der goed­keu­ring van re­gu­leer­ders, sê Bar­clays.

Die aan­de­le word aan in­sti­tu­si­o­ne­le be­leg­gers ge­bied by wy­se van ’n ver­snel­de boek­bou.

Bob Di­a­mond, voor­ma­li­ge baas van Bar­clays, het vroe­ër ge­sê hy stel be­lang om Bar­clays A­fri­ca te koop deur sy be­leg­gings­fir­ma At­las Ma­ra saam met ’n groep be­leg­gers.

Die Re­ser­we­bank het eg­ter aan­ge­dui dat ’n pri­va­te e­kwi­teits­aan­bod vir Suid-Afrika se der­de groot­ste bank teen­kan­ting sal kry van re­gu­leer­ders, be­rig Bloom­berg.

“As ’n re­gu­leer­der sal ons nie ge­mak­lik wees met ’n pri­va­te e­kwi­teits­aan­bod vir e­ni­ge van die ban­ke nie,” het Ku­ben Nai­doo, ad­junk­pre­si­dent van die Re­ser­we­bank, ge­sê, son­der ver­wy­sing na e­ni­ge maat­skap­pye of tran­sak­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.