Ver­lies van Op­ti­mum kós G­len­co­re

Beeld - - Sakenuus - El­vi­ra Wood

Jo­han­nes­burg. – Die ver­lies van be­heer oor die Op­ti­mum-steen­kool­myn in Au­gus­tus 2015 was een van die groot­ste re­des vir G­len­co­re se ver­lies van by­kans 5,9 mil­joen t on­se steen­kool­pro­duk­sie in die eer­ste kwar­taal van 2016.

Die slui­ting van die Mid­del­kraal- en South Wit­bank-myn het ook tot die la­er pro­duk­sie van 29,7 mil­joen ton ge­lei, het G­len­co­re gis­ter ge­sê in ’n ver­kla­ring op Sens, die JSE se nuus­diens.

Die Gup­ta-fa­mi­lie se Te­ge­ta Ex­plo­ra­ti­on & Re­sour­ces en pres. Ja­cob Z u ma­se seun Du­du­za nes e Ma ben­gel a In­ves­t­ment s het op 22 A­pril goed­keu­ring by die Me­de­din­gings­tri­bu­naal ge­kry om die myn te koop.

Voor die ver­koop van die myn het G­len­co­re be­weer E­s­kom dwing hom om steen­kool teen on­der kos­prys te le­wer in­ge­vol­ge’ n lang­ter­myn kon­trak, ter­wyl E­s­kom Op­ti­mum daar­van be­skul­dig het dat hy steen­kool van on­der die ver­eis­te ge­hal­te le­wer.

E­s­kom het ’n boe­te van R2 mil­jard hier­voor aan Op­ti­mum op­ge­lê.

G­len­co­re het oor­we­gend la­er pro­duk­sie­sy­fers be­kend ge­maak vir al die hulp­bron­ne in sy por­te­feul­je.

“Die la­er pro­duk­sie­vo­lu­mes re­flek­teer ons ge­dis­si­pli­neer­de be­na­de­ring om hulp­bron­ne teen lae pry­se te ver­skaf in die hui­di­ge laag­te­punt in die hulp­bron­si­klus,” lui die ver­kla­ring.

Ko­per­pro­duk­sie was 335 000 ton, of­te­wel 4% la­er as in die oor­een­stem­men­de tyd­perk in 2015, en sink­pro­duk­sie was 28% la­er op 257 100 ton.

Slegs nik­kel­pro­duk­sie was ho­ër – dit het met 16% ge­styg tot 27 600 ton.

G­len­co­re se aan­deel­prys was gis­ter­mid­dag teen slui­tings­tyd op die JSE 2% la­er op R31.

Dit het eg­ter meer as ver­dub­bel se­dert die laag­te­punt van R15,41 waar­teen dit op 28 Sep­tem­ber 2015 ver­han­del het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.