B­ristow po­si­tief oor Rand­gold se toe­koms

Beeld - - Geklassifiseerd - El­vi­ra Wood

Jo­han­nes­burg. – “Ons is baie po­si­tief oor die me­di­um- en lang­ter­myn voor­uit­sig­te van goud ,” sê Mark B­ristow, uit­voe­ren­de hoof van Rand­gold Re­sour­ces, wat pas ’n $0,66-di­vi­dend vir die jaar tot 31 De­sem­ber 2015 aan­ge­kon­dig het.

“Die werk wat ons tans doen, gaan ons goed toe­rus om voor­deel te trek uit ’n styg­si­klus,” sê hy.

Die maat­skap­py se wins in die eer­ste kwar­taal van 2016 van $63,9 mil­joen is 19% ho­ër as dié van die vo­ri­ge kwar­taal, en 25% ho­ër op ’n jaar­grond­slag.

Die ho­ër wins is vol­gens Rand­gold hoof­saak­lik van- weë ’n ho­ër goud­prys wat hy in dié tyd­perk ont­vang het, as­ook ’n be­spa­ring van 8% in kon­tant­uit­ga­wes.

Die be­sluit om eer­der self die Lou­lo-Goun­ko­to­myn kom plek­sin Ma­li te be­heer, pleks daar­van om ’n kon­trak­teur te ge­bruik, het die groot­ste deel van dié be­spa­ring mee­ge­bring.

Rand­gold be­dryf my­ne in Ma­li, die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go (DRK), Se­ne­gal en die I­voor­kus.

Die maat­skap­py se goud­ver­ko­pe in die eer­ste kwar­taal van 2016 het met 3% ge­daal tot $345,8 mil­joen van $354,8 mil­joen in die vo­ri­ge kwar­taal.

Goud­pro­duk­sie van 291 912 fyn­on­se was 11% la­er teen­oor dié van die vo­ri­ge kwar­taal. Dit was weens die la­er pro­duk­sie by Lou­lo-Goun­ko­to, Tong­on in die I­voor­kus en Ki­ba­li in die DRK.

Die ge­mid­del­de prys per fyn­ons wat Rand­gold ont­vang het, was eg­ter 9% ho­ër op $1 187 vir die tyd­perk teen­oor die $1 091 per fyn­ons in die vo­ri­ge kwar­taal.

“On­ge­ag die re­kord­pro­duk­sie­vlak­ke van 2015 bly ons op die uit­kyk vir by­ko­men­de re­ser­wes. Ons is po­si­tief oor boor­re­sul­ta­te in die Lou­lo- en Ki­ba­li-om­ge­wing,” sê B­ristow.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.