ADHD nie net on­der kin­ders

Aan­dag ge­brek sin­droom word steeds be­skou a s’ n kin der af­wy­kin­ge n word dik­wels nie by vol­was­se­nes ge­di­ag­no­seer nie. Die prys wat sul­ke men­se be­taal, is hoog, skryf Ro­chél­le Hu­man.

Beeld - - Geklassifiseerd -

As me­die­se stu­dent is sy ge­leer aan­dag ge­brek- hi­per­ak­ti­wi­teitsteu­ring( AG H S )/ aan­dag af­lei­baar­heid- hi­per­ak­ti­wi­teit sin­droom( AD HD) is’ n kin­der­siek­te wat weg­gaan wan­neer die brein vol­was­se word, sê dr. Ry­kie Lie­ben­berg, ’n psi­gi­a­ter van Jo­han­nes­burg.

Dié sie­ning het in die af­ge­lo­pe de­ka­de ver­an­der.

“ADHD ver­dwyn nie net in die tie­ner­ja­re soos des­tyds ge­glo is nie ,” sê He­at­her Pic­ton, stig­ter van die On­der­steu­nings­groep vir aan­dag ge­bre­ke n hi­per­ak­ti­wi­teit van Suid-Afrika (Ad­ha­sa).

Dis ’n le­wens­lan­ge toe­stand wat in die kin­der- of tie­ner­ja­re be­gin en voort­duur in vol­was­sen­heid.

Maar as ge­volg van hier­die wan­be­grip is ADHD by tal­le pa­si­ën­te in hul kin­der­ja­re ge­di­ag­no­seer en hul be­han­de­ling ge­staak wan­neer hul­le skool vol­tooi het.

On­be­han­del­de ADHD in vol­was­se­nes kan erns­ti­ge ge­vol­ge vir hul loop­baan, ge­sins­le­we en le­wens voor­uit­sig­te hê.

ADHD be­staan uit drie hoof­kom­po­nen­te: aan­dag­ge­brek, im­pul­si­wi­teit en hi­per­ak­ti­weit.

Die im­pul­si­wi­teit en hi­per­ak­ti­wi­teit is ge­woon­lik, maar nie al­tyd nie, min­der merk­baar in vol­was­se­nes moont­lik om­dat die per­soon vaar­dig­he­de aan­leer om dit be­ter te han­teer, sê Lie­ben­berg.

Die brein word ook in ’n ma­te vol­was­se en leer om im­pul­se te in­hi­beer.

Die simp­to­me van ADHD word ver­oor­saak deur ’n che­mie­se wan­funk­sie in die pre­fron­ta­le kor­teks, die brein se “uit­voe­ren­de hoof”.

Aan­dag­ge­brek is die kern­simp­toom van vol­was­se ADHD. Dit be­te­ken die per­soon suk­kel om te fo­kus en is dus ge­neig om ta­ke uit te stel of nie te vol­tooi nie. Hier­die men­se suk­kel ook om pri­o­ri­tei­te te stel, te be­plan en be­slui­te te neem, sê Lie­ben­berg.

Aan­dag­ge­brek kan ook die vorm aan­neem van ag­ter­lo­si­ge fou­te – dit is men­se wat ge­du­rig hul mo­tor­sleu­tels ver­loor of ver­geet waar hul­le ge­par­keer het, sê Pic­ton.

Vol­gens Lie­ben­berg kan vol­was­se­nes met ADHD ge­neig wees om vin­nig en ge­reeld van werk te ver­an­der. “Hul­le kan nie ’n werk vir baie lank be­hou nie. Hul­le raak ver­veeld of word af­ge­dank om­dat hul­le nie sper­tye haal nie.”

Weens hul im­pul­si­wi­teit raak hul­le dik­wels ver­slaaf aan dob­bel of in­ter­net por­no­gra­fie. Al­ko­hol-e n dwelm­mis­bruik is vol­op. Hul­le is ook ge­neig om im­pul­sie­wer te wees ag­ter die stuur­wiel – men­se met ADHD se sterf­te­sy­fer in mo­tor­on­ge­luk­ke is ho­ër as in die al­ge­me­ne be­vol­king, sê sy.

Hu­we­li­ke ly dik­wels hier­on­der.

Van haar pa­si­ën­te het in haar spreek­ka­mer be­land om­dat dit vir hul eg­ge­noot moei­lik is om met hul woe­de-uit­bars­tings, on­ge­duld en prik­kel­baar­heid saam te leef; as­ook hul on­ver­skil­lig­heid wat geld be­tref en im­pul­sie­we uit­ga­wes.

Pic­ton sê kin­ders met ADHD voel dik­wels hul­le moet be­heer neem in si­tu­a­sies, want dit is al hoe hul­le vei­lig kan voel.

“As vol­was­se­nes moet dié men­se to­ta­le be­heer hê. Dus pro­beer hul­le die kan­toor be­heer . . . en tuis is dit die mans wat hul vrou 100% wil be­heer. Dik­wels sal die vrou dan uit­stap as sy die moed het.”

Be­han­de­ling met by­voor­beeld Ri­ta­lin of Con­cer­ta is 75% doel­tref­fend, sê Lie­ben­berg. Tog raam ken­ners word net so­wat 17% van vol­was­se­nes met ADHD daar­voor be­han­del.

In­ter­na­si­o­naal is die voor­koms van ADHD tus­sen 3% en 4% van die vol­was­se be­vol­king. Be­ken­des met ADHD sluit in die sa­ke­man sir Ri­chard Bran­son, die O­lim­pie­se swem­mer Mi­cha­el P­helps, die ak­teurs C­han­ning Ta­tum en Jus­tin Tim­ber­la­ke, as­ook A­dam Le­vi­ne van die pop­groep Ma­roon 5.

Ken­ners ver­moed tal­le vol­was­se ADHD-ge­val­le word eg­ter nie ge­di­ag­no­seer nie.

Daar is ’n stig­ma aan ADHD as ’n kin­der­siek­te, so vol­was­se­nes is soms min­der ge­neig om hulp daar­voor te soek. Daar is ook ’n stig­ma om­trent die ge­bruik van me­di­ka­sie, sê Lie­ben­berg.

“In die VSA is daar be­skul­di­gings dat dit al­les net ’n slen­ter van die groot far­ma­seu­tie­se maat­skap­pye is, dat dit som­mer ’n siek­te is wat hul­le uit­ge­dink het om meer geld te maak. Maar dit is ’n werk­li­ke ding. As jy kyk na brein­skan­de­rings van ADHD-pa­si­ën­te, is daar ’n ver­skil. Dis nie ’n di­ag­nos­tie­se ver­skil nie, maar hul brein is in die al­ge­meen 5% klei­ner as die brein van ie­mand wat nie ADHD het nie.”

Son­der be­han­de­ling moet pa­sien­te hul eie han­te­rings­me­ga­nis­mes ont­wik­kel, wat som­mi­ge wel reg­kry. Tog bly dit vir hul­le moei­lik om te funk­si­o­neer.

Die im­pli­ka­sies is dat men­se met ADHD min­der ter­si­ê­re kwa­li­fi­ka­sies het as men­se wat nie daar­aan ly nie.

Hul­le word min­der be­vor­der en meer af­ge­dank, sê Lie­ben­berg. Hul­le ver­dien in die al­ge- meen min­der en hul eg­skei­ding­sy­fer is ho­ër.

In na­vor­sing in En­ge­land is die ADHD-sy­fer ver­ba­send hoog, sê sy.

Vol­was­se­nes met ADHD kan eg­ter ’n hoë le­wens­ge­hal­te hê as hul­le die reg­te be­han­de­ling kry.

ADHD is by Pic­ton se seun as jong kind ge­di­ag­no­seer. Hy is met Ri­ta­lin be­han­del, maar sy sê dit het na­re ne­we-ef­fek­te ge­had.

“My kind, hier­die prag­ti­ge, e­ner­gie­ke, le­wens­lus­ti­ge kind, het ’n zom­bie ge­word.”

Toe hy 14 was, het sy be­sluit om sy di­eet aan te pas. Sy het al­le sin­te­tie­se kleur- en geur­mid­dels uit­ge­sny en kon glo bin­ne dae ’n ver­skil sien. Sy pun­te en ge­drag het dras­ties ver­be­ter.

Waar dit aan­vank­lik nie ge­lyk het of hy ver­der as gr. 8 sou vor­der nie, het hy uit­ein­de­lik aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand gaan stu­deer.

Van­dag is hy ’n suk­ses­vol­le sa­ke­man “wat ui­ters pun­te­neu- rig is oor wat hy in sy mond sit”, sê sy.

Die B­rit­se na­si­o­na­le ge­sond­heids­diens be­veel aan dat kin­ders met hi­per­ak­ti­wi­teit of ADHD kos son­der kuns­ma­ti­ge kleur­mid­dels eet.

Pic­ton sê sy glo me­di­ka­sie kan baie waar­de­vol wees, maar aan­pas­sings aan di­eet (so na­tuur­lik moont­lik, met min sui­ker) en an­der om­ge­wings­fak­to­re, soos die ver­lig­ting van span­ning, kan ook ’n groot ver­skil maak.

“Ek dink dit is baie be­lang­rik vir hier­die men­se om nie slag­of­fers te wees nie, maar om be­heer van hul eie le­we te neem.”

) Die Suid-A­fri­kaan­se De­pres­sie-en-angs­groep (Sa­dag) het ’n toe­ge­wy­de hulp­lyn vir ADHD. Ska­kel 0800 55 44 33.

) Vir meer in­lig­ting, kon­tak Ad­ha­sa by in­fo@ad­ha­sa.co.za of 011 888 7655. Ad­ha­sa hou op 28 en 29 Mei ’n kon­fe­ren­sie oor ADHD in Jo­han­nes­burg wat oop is vir die pu­bliek.

Fo­to: EDREA CLOE­TE

A­dam Le­vi­ne van die pop­groep Ma­roon 5.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.