Kin­ders be­seer toe ei­ers wat in mi­kro­golf kook, ont­plof

Beeld - - Geklassifiseerd - El­sa­bé B­rits

Min­stens vier kleu­ters het al brand­won­de aan die ge­sig op­ge­doen toe ei­ers wat in ’n mi­kro­golf­oond ge­kook is, ont­plof het.

Dok­ters van die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal het in die jong­ste uit­ga­we van die South A­fri­can Me­di­cal Jour­nal vier op­ge­te­ken­de ge­val­le­stu­dies aan­ge­meld waar kleu­ters só brand­won­de op­ge­doen het.

Twee daar­van is el­ders deur an­der dok­ters aan­ge­te­ken, maar twee was plaas­li­ke ge­val­le van kleu­ters wat on­der­skei­de­lik 4% en 6% se brand­won­de aan die ge­sig en nek op­ge­doen het.

Die brand­won­de het ge­nees, maar al­bei kin­ders het ge­pig­men­teer­de let­sels aan die ge­sig oor­ge­hou.

In die an­der twee ge­val­le wat el­ders be­han­del is, het die kin­ders ook brand­won­de aan die ge­sig op­ge­doen en daar was ska­de aan die kor­nea.

Om dit te voor­kom moet ei­er­dop­pe ge­kraak word voor­dat die ei­ers in die mi­kro­golf­oond ge­kook word.

Van­weë ei­ers se ver­skil­len­de ei­en­skap­pe en die ma­nier waar­op mi­kro­golf­oon­de werk, kan die ei­ers ont­plof.

Daar is baie wa­ter in rou ei­er­wit, ter­wyl die ei­er­geel se pro­te­ïen heel­wat vet be­vat. Wan­neer ’n ei­er ver­hit word, ver­damp die wa­ter baie vin­nig, wat die druk in die ei­er laat toe­neem, en so­dra die hit­te­bron weg­ge­neem word deur die ei­er uit die mi­kro­golf­oond te haal, moet die druk op die dop oor­kom word en dit kan ont­plof.

In ’n eks­pe­ri­ment wat an­der na­vor­sers ge­doen het, het dit net met twee uit el­ke 100 ei­ers ge­beur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.