Kry ent­stof teen geel­koors voor­dat jy dié lande be­soek

Beeld - - Geklassifiseerd - El­sa­bé B­rits

Met die erg­ste uit­bre­king van geel­koors in 30 jaar moet rei­si­gers dit nie eens oor­weeg om An­go­la toe te gaan son­der om eers ’n ent­stof te kry nie. Ook U­gan­da loop nou deur.

Se­dert De­sem­ber is by­kans 2 000 ge­val­le van geel­koors en 258 sterf­tes in An­go­la aan­ge­meld, sê die Wê­reld­ge­sond­heids­or­ga­ni­sa­sie. Daar was ook 50 sterf­tes in U­gan­da.

So­wat 15 men­se het die siek­te van An­go­la na C­hi­na, Ke­nia, Mau­ri­ta­nië en die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go ge­neem.

Dr. Pe­te Vin­cent van die Ne­t­ca­re-reis­kli­niek sê in­dien ’n mens na ’n geel­koors­ge­bied reis, is dit stan­daard­prak­tyk om die ent­stof min­stens tien dae voor jou ver­trek te kry.

Die geel­koors­vi­rus word oor­ge­dra deur ’n mus­kiet wat ’n mens in die dag byt.

Die vi­rus sir­ku­leer tus­sen ape, men­se en mus­kie­te en kom in die tro­pie­se de­le van Afrika, Suid-A­me­ri­ka, die oos­te­li­ke de­le van Pa­na­ma, Sen­traal-A­me­ri­ka, T­ri­ni­dad en die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de voor.

’n Mens word bin­ne ses dae siek. Die simp­to­me is koors, hoof­pyn, rug­pyn en lyf­seer, naar­heid en bra­king.

In 15% van die ge­val­le tree tok­si­si­teit in. Dit kan do­de­lik wees om­dat dit die le­wer en an­der or­ga­ne aan­tas.

Men­se wat nie die in­ter­na­si­o­na­le ser­ti­fi­kaat kan toon dat hul­le die ent­stof ge­kry het nie, kan toe­gang tot lande ge­wei­er word en/of on­der kwa­ran­tyn ge­plaas word.

Swan­ger vroue, vroue wat bors­voed en ba­bas on­der ne­ge maan­de oud moe­nie na geel­koors­ge­bie­de reis nie.

Men­se met kan­ker, wat MIV-po­si­tief is of bejaardes moet hul reis eers met hul dok­ter be­spreek.

Men­se wat al­ler­gies is vir ei­ers, hoen­der­vleis en ge­la­tien be­hoort nie die ent­stof teen geel­koors te kry nie.

Vin­cent sê die ent­stof kan vir tot tien jaar werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.