Se­pie se krag­ti­ge a­po­lo­gie

Ky­kers gis oor vae eks­kuus op web

Beeld - - Geklassifiseerd - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

’n Paar op­let­ten­de Bin­ne­lan­der­sky­kers het eer­gis­ter­aand tien­tal­le an­der ky­kers se vrae be­ant­woord oor ’n on­ver­wag­se en vae ver­sko­ning op dié se­pie se Fa­ce­book-blad.

Die ver­sko­ning het ky­kers eer­gis­ter aan die raai ge­had oor wat dan nou so on­van­pas was aan Maan­dag­aand se e­pi­so­de van dié ge­wil­de se­pie.

’n Fo­to van skerm­gre­pe uit Maan­dag se e­pi­so­de met die woor­de “Po­wer va­gi­na” en “Po­wer cock” het ’n ein­de aan die raai­sel ge­maak.

Dié woor­de was op die re­ke­naar­skerms sig­baar toe Na­o­mi en Ter­ti­us be­sig was om in ’n aan­lyn-re­ke­naar­spe­le­tjie teen me­kaar te speel.

Die ver­vaar­di­gers het op Fa­ce­book om ver­sko­ning ge­vra vir die “on­aan­vaar­ba­re beeld­ma­te­ri­aal”. “Dit is in ’n baie laat sta­di­um ty­dens die sa­me­stel­ling van die e­pi­so­de by­ge­voeg en die be­trok­ke woor­de op die skerm het deur al ons ge­hal­te­keu­rings­pro­ses­se ge­glip,” het die ver­vaar­di­gers op Fa­ce­book ge­skryf.

“Nie dat dit ’n ver­sko­ning is nie. Ons is self erg ont­steld dat dit kon ge­beur.

“As e­nig­een on­ge­rief of on­ge­mak as ge­volg daar­van er­vaar het, is ons op­reg jam­mer.

“Wees ver­se­ker daar­van dat sul­ke beeld­ma­te­ri­aal nie weer in ’n e­pi­so­de van Bin­ne­lan­ders sal ver­skyn nie.”

Hon­der­de ky­kers het op die ver­sko­ning ge­re­a­geer, maar die mees­te het glad nie ge­weet wat ge­beur het nie.

“Waar­van praat jul­le? Ek het niks ag­ter­ge­kom nie,” het ene Hen­da Pei­ser op Fa­ce­book ge­skryf.

“Ek het ook niks snaaks ge­sien nie en mis nooit ’n e­pi­so­de nie,” het Man­die Jou­bert O­den­daal van haar laat hoor.

“Sê tog as­se­blief wat het ons ge­mis?” het Ta­nia T­heu­nis­sen ge­vra.

An­ne­li­ze S­try­dom het kom­men­taar ge­le­wer en ge­sê: “Ek het dit ge­sien, maar dit wys so vin­nig dat ek nie glo dat dit ie­mand sal ont­stel nie. Was vir my nog­al snaaks, het lek­ker ge­lag.”

An­der ky­kers was meer be­kom­merd oor to­ne­le waar­in pa­ra­me­di­ci in die se­pie se kui­er­plek, Nag­skof, drink.

Ernst Swart, woord­voer­der van Bin­ne­lan­ders, het ge­sê hul­le het om ver­sko­ning ge­vra om­dat die beeld­ma­te­ri­aal op die een of an­der ma­nier in­ge­sluip het en dit “nie toe­pas­lik was vir die Bin­ne­lan­ders- ge­hoor nie”.

“Die saak is nou wel af­ge­han­del,” het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.