Speel­ding leer swart­to­bie self eet

Beeld - - Geklassifiseerd - Ma­re­li­ze Bar­nard

’n Wol­le­ri­ge speel­goed­vo­ël, wat iet­wat ver­mom moes word om soos die wa­re Ja­kob te lyk, is suk­ses­vol ge­bruik om ’n piep­klein swart­to­bie te leer hoe om self te eet.

Die swart­to­bie ( Ha­e­ma­to­pus mo­qui­ni) is suk­ses­vol by die Sui­der-A­fri­kaan­se S­tig­ting vir die Be­wa­ring van Kus­vo­ëls (San­kub) in Kaap­stad uit­ge­broei na­dat ’n ei­er aan die Wes­kus by ’n ys­ter­erts­aan­leg ge­kry is.

Na­dat die ei­er 15 dae in ’n spe­si­a­le broei­kas ge­hou is, het die swart­to­bie, wat 42 g ge­weeg het, uit­ge­broei. Dit was ’n eer­ste vir San­kub, wat daar­voor be­kend is dat hy die ei­ers van bril­pik­ke- wy­ne en an­der see­vo­ëls help uit­broei.

Die suk­ses­ver­haal het nie daar ge­ëin­dig nie.

Vol­gens Nic­ky S­tan­der, San­kub se re­ha­bi­li­ta­sie­be­stuur­der, was die een groot vrees dat die klein vo­ël­tjie nie in die na­tuur vry­ge­laat sou kon word as dit met die hand groot­ge­maak is nie. En boon­op sou die swart­to­bie son­der ’n maat groot­word.

’n Plan moes ge­maak word, so ’n wol­le­ri­ge speel­goed­bank­dui­ker is by San­kub se win­kel van die rak af­ge­haal en met rooi ma­te­ri­aal ver­mom om meer na ’n swart­to­bie te lyk.

S­tan­der het ge­sê dié plan het goed ge­werk en die swart­to­bie, ’n goeie leer­ling, het vin­nig by die sur­ro­gaat­ma ge­leer hoe om te eet en wa­ter te drink. Die swart­to­bie is rooi­aas en klip­mos­sel ge­voer, soos wat swart­to­bies in die na­tuur graag eet.

Maar dit was nie net vir voer, vet word en ve­re kry nie. Die swart­to­bie is met toe mos­sels ge­voer so­dat hy self die skul­pe kon leer oop­breek. Dít was eers ’n ge­suk­kel, maar nou gaan dit goed.

Met dié leer­ling wat so goed vor­der, hoop die San­kub-per­so­neel dat hy spoe­dig aan die Wes­kus net bui­te Kaap­stad in die na­tuur vry­ge­laat sal kan word.

En ho­pe­lik sal die we­sie ook die ver­mom­de fa­mi­lie­lid spoe­dig vir die vriend­skap van ’n wa­re swart­to­bie ver­ruil. ’n Wees­swart­to­bie on­der die “wa­ken­de oog” van ’n sur­ro­gaat­speel­goed­vo­ël, wat iet­wat ver­mom is om soos die wa­re Ja­kob te lyk, word by die Sui­der­A­fri­kaan­se S­tig­ting vir die Be­wa­ring van Kus­vo­ëls in Ta­ble View bui­te Kaap­stad groot­ge­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.