Bo­cel­li ver­ras 10 jaar la­ter

Beeld - - Kuns - Paul Boek­kooi

And­rea Bo­cel­li (57) is se­ker een van die ge­wild­ste san­gers ter wê­reld, maar be­paald min­der en soms be­gryp­baar so in die oë, of eer­der ore, van fyn­proe­wers óf hul­le wat van na­tu­re ’n neer­ha­len­de of selfs sno­bis­tie­se hou­ding teen­oor hom het.

Om dit al­les in per­spek­tief te stel, sal die mees­te luis­te­raars met ’n fyn oor toe­gee dat Bo­cel­li so tien, vyf­tien jaar ge­le­de ’n s­tem ge­had het wat iet­wat te skraal en, wat in­to­na­sie be­tref, soms selfs broos ge­klink het.

Ook sy des­tyd­se am­bi­sie om, wat op­na­mes be­tref, die o­pe­r­a­re­per­to­ri­um te be­tree, was ’n oor­deels­fout, al het tal­le van sy aan­han­gers dit van hom ver­wag.

In my per­soon­li­ke luis­te­raar­s­er­va­ring is Bo­cel­li se op­na­mes met­ter­tyd uit­ge­skuif om­dat ’n voor­spel­ba­re een­sy­dig­heid be­gin oor­heers het, al was die egt­heid en sjar­me rond­om som­mi­ge van sy lig­ter I­ta­li­aan­se CD’s on­weer­leg­baar.

Van sy o­pe­ra­po­gings was som­mi­ges daar­en­teen eg­ter on­ver­teer­baar.

Met die ver­sky­ning van sy jong­ste al­bum, Ci­ne­ma, word ’n mens feit­lik in­tu­ï­tief daar­toe ver­lei om daar­na te luis­ter om­dat dié se­lek­sie van 13 snit­te waar­lik van die mees tyd­lo­se en uit­da­gend­ste lie­de­re be­vat wat ooit vir mu­siek­spe­le op ver­hoë of spe­si­fiek vir rol­prent­klank­ba­ne ge­kom­po­neer is.

Met die toe­val­li­ge aan­hoor van Bo­cel­li se weer­ga­we van “Moon Ri­ver” oor die ra­dio, was ek nog­al met ver­ba­sing ver­vul toe die uit­saai­er be­ves­tig het dat Bo­cel­li dit sing.

Die ryp­heid en om­vang van sy s­tem is iets heel an­ders as wat dit ’n de­ka­de ge­le­de was.

Daar is nou veel meer van ’n die­per re­so­nan­sie, ’n gro­ter ge­mak­lik­heid om di­na­mies te sing – sy sag­te(r) pas­sa­sies klink nie meer naas­ten­by so yl soos vroe­ër nie – ter­wyl hy met sy ab­so­lu­te sui­wer­heid en uit­druk­kings­vol­heid jou ge­mak­lik mee­voer op hier­die spe­si­fie­ke ont­span­nen­de klank­reis.

“Ma­ria” uit Bern­stein se West Si­de S­to­ry is die im­po­san­te o­pe­ning­snit wat vir jou bin­ne mi­nu­te al­les de­mon­streer rond­om die “nu­we” Bo­cel­li-s­tem.

Daar is ’n ge­voels­in­houd in dié ver­tol­king wat min an­der san­gers sal e­we­naar.

Sy En­gel­se dik­sie is nie vol­maak nie, maar die mees­te lied­jies – ver­al dié uit I­ta­li­aan­se rol­pren­te – word in die oor­spronk­li­ke taal ge­sing, ter­wyl sy E­vi­ta se “Don’t Cry for Me, Ar­gen­ti­na” Ar­gen­tyns op­klink.

Bo­cel­li se meest­al oor­be­ken­de pro­gram word min­stens ook aan­ge­vul met en­ke­le aan­trek­li­ke ont­dek­kings. Die ver­wer­kings klink ui­ters smaak­vol.

Dalk ’n CD vir die moe­der in jou le­we?

AND­REA BO­CEL­LI – CI­NE­MA. 13 be­roem­de lie­de­re uit die klank

ba­ne van West Si­de S­to­ry, Doc­tor Z­hi­va­go, B­re­ak­fast at Tif­fa­ny’s, On­ce U­pon a Ti­me in A­me­ri­ca/Malè­na, The To­ast of New Or­le­ans, The P­hantom of the O­pe­ra, S­cent of a Wo­man, Li­fe is Beau­ti­ful, Il pos­ti­no, Top Hat, The God­fat­her, E­vi­ta en Gla­di­a­tor. Su­gar/U­ni­ver­sal 002894811885.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.