Hoe ver is ons eie re­vo­lu­sie?

Beeld - - Kommentaar - S­pies is be­trok­ke by P­re­to­ria FM en is ’n pro­ku­reur van A­friForum

Van­dag, 195 jaar ge­le­de, is Na­po­le­on Bo­na­par­te (51) op 5 Mei 1821 op St. He­le­na dood. St. He­le­na was die B­rit­te se Rob­ben­ei­land en het vy­an­de van die B­rit­se Ryk daar aan­ge­hou. Van A­pril 1900 sou Boe­re­krygs­ge­van­ge­nes uit Trans­vaal en die Vry­staat ook op die ei­land aan­ge­hou word en vir die eer­ste keer aan die En­gel­se sport­soort, rug­by bloot­ge­stel word.

Na­po­le­on word in die­self­de a­sem as die Fran­se Re­vo­lu­sie ge­noem. Sy be­winds­oor­na­me in 1799 het ’n ty­de­li­ke ein­de gebring aan die storm en drang van die re­vo­lu­sie wat 10 jaar te­vo­re be­gin het.

Die re­vo­lu­sie het des­tyds heel or­de­lik be­gin met ’n “ko­de­sa” toe kerk­lui, die a­del en die bur­ge­ry ver­ga­der het om oor ’n nu­we grond­wet te on­der­han­del. Ná ’n me­nings­ver­skil het die bur­ge­ry een­sy­dig die pro­ses voort­ge­sit en hul­self tot ’n grond­wet­skry­wen­de ver­ga­de­ring ver­klaar. Die a­del en kerk­lui het nood­ge­dwon­ge in­ge­val.

Ná die be­stor­ming en ver­woes­ting van die Bas­til­le, die ge­van­ge­nis, het die re­vo­lu­sie be­slag ge­kry en Frank­ryk word ’n kon­sti­tu­si­o­ne­le mo­nar­gie on­der lei­ding van die ge­ma­tig­de en ver­soe­nen­de graaf Ga­briel Mi­ra­beau.

Maar daar was on­te­vre­de­nes, die so­ge­naam­de Ja­ko­by­ne, met lei­ers soos Ro­be­spier­re, wat oor­tuig was dat die re­vo­lu­sie nog on­vol­tooid was, dat die ko­ning en die a­del­li­kes steeds te veel mag het en ryk­dom nie be­hoor­lik ver­deel is nie.

Ná twee jaar sterf die ge­ma­tig­de Mi­ra­beau en die Ja­ko­by­ne neem be­heer. Die slag­spreuk vry­heid, ge­lyk­heid en broe­der­skap was steeds die wek­roep van die re­vo­lu­sie. Maar in hier­die era, wat as die era van ver­skrik­king be­kend sou word, was daar geen spra­ke van dié slag­spreuk nie. Ver­al nie wat a­del­li­kes en kerk­lui be­tref nie.

Die Not­re Da­me is om­skep tot “Tem­pel van die Re­de”. Ker­ke is ge­sluit. Kerk- en pri­va­te ei­en­dom is ge­kon­fis­keer. Ro­be­spier­re het selfs die Chris­te­li­ke gods­diens af­ge­skaf en met “die kul­tus van die re­de” ver­vang.

In Ju­nie 1794 hou hy ’n “fees van die hoog­ste re­de” waar hy self as ho­ë­pries­ter op­tree, maar ’n maand la­ter raak Ro­be­spier­re self die slag­of­fer van sy era van ver­skrik­king en word hy, soos na­ge­noeg 18 000 a­del­li­kes en kerk­lui voor hom, met ’n guil­lo­ti­ne ont­hoof.

Dit was eg­ter die wel­ge­stel­de bur­ge­ry wat ’n ein­de wou bring aan die voor­af­gaan­de 10 jaar van cha­os en Na- po­le­on se staats­greep in 1799 was te­ke­nend van die bur­ger­stand wat na vo­re ge­tree het om sake tot or­de te roep.

Na­po­le­on het as ge­ne­raal van die re­vo­lu­si­o­nê­re weer­mag se veld­tog in I­ta­lië naam ge­maak. Hy trou in 1796 met sy min­na­res, Jo­se­phi­ne, die we­du­wee van ’n e­del­man wat twee jaar te­vo­re ont­hoof is weens ag­ter­dog dat hy ’n be­dek­te a­ris­to­kraat was.

Ná sy oor­na­me oor­heers Na­po­le­on die Eu­ro­pe­se po­li­tiek, maar raak ver­vreem van Jo­se­phi­ne. Sy fi­na­le neer­laag is teen die B­rit­te by Wa­ter­loo.

Sy oor­heer­sing van Eu­ro­pa het ’n era van mo­der­ni­se­ring en li­be­ra­li­se­ring in Wes-Eu­ro­pa in­ge­lui en sy ko­di­fi­se­ring van regs­re­ëls vorm van­dag nog die ba­sis van ’n kwart van die wê­reld – van Ja­pan in die Oos­te tot Qu­e­bec in die Wes­te – se reg­stel­sels.

Van­dag het ons e­wen­eens hoog­span­ning tus­sen dié wat meen die “re­vo­lu­sie” is on­vol­tooid en dié wat meen die ver­soe­nings­pro­jek kort nog werk. Ons eie Ja­ko­by­ne het pas ge­tooi in rooi hul ver­kie­sings­ma­ni­fes be­kend ge­maak.

He­laas het ons ook ’n toe­ne­mend be­trok­ke bur­ger­stand, wat meen iets moet ge­doen word om sake tot or­de te bring. Die tyd sal leer wie kry die oor­hand, maar op sy sterf­bed 195 jaar ge­le­de was Na­po­le­on se laas­te woord: “Jo­se­phi­ne.” )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.