On­be­hol­pe OVK werp ska­du oor die ver­kie­sing

Beeld - - Kommentaar -

Soos dik­wels on­der die ANC-re­ge­ring ge­beur, stuur ook 3 Au­gus­tus se mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing op ’n ver­loor-ver­loor-si­tu­a­sie af met die in­te­gri­teit van die ver­kie­sing en van die reeds be­le­ër­de OVK die sleg­ste daar­aan toe.

In­ge­vol­ge die Grond­wet kan die ver­kie­sing nie uit­ge­stel word nie; gaan die ver­kie­sing nood­ge­dwon­ge voort, soos die voor­ne­me is on­ge­ag die ko­men­de uit­spraak (op 9 Mei) van die grond­wet­hof, is die ge­loof­waar­dig­heid daar­van weens on­vol­doen­de kie­ser­rol­le on­der ver­den­king.

Sou die grond­wet­hof in­der­daad die kies­hof se be­vel oor die tus­sen­ver­kie­sing in Tlok­we – dat vol­le­di­ge a­dres­be­son­der­he­de op die kie­ser­rol moet ver­skyn – hand­haaf, be­te­ken dit dan die plaas­li­ke ver­kie­sing ge­skied stry­dig met die hof­uit­spraak.

Al wy­se om die regs­im­pli­ka­sies dan te ver­my sou wees vir die OVK om die kie­ser­lys­te met die be­skik­ba­re a­dres­se van ge­re­gis­treer­de kie­sers vóór die ver­kie­sing ge­reed te kry. Die OVK kon dit in ja­re nie reg­kry om die a­dres­se te ve­ri­fi­eer nie. Die kans dat hy dit nou gaan ver­mag, is nul.

Die an­der op­sie – om die ver­kie­sing uit te stel – is ook on­haal­baar. Weens lo­gis­tie­ke im­pli­ka­sies, maar ook om­dat die Grond­wet be­paal ’n mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing moet ge­hou word bin­ne 90 dae na­dat mu­ni­si­pa­le ra­de se ter­my­ne ge­ëin­dig het. Uit­stel­le­ry sou verg dat die Grond­wet ge­wy­sig moet word. S­kaak­mat dus. Met kie­sers wat aan die kort­ste ent trek. Die mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sake, Da­vid van Rooy­en, is met reg be­kom­merd dat ná die twee­de re­gis­tra­sie­na­week in A­pril daar steeds 12 mil­joen kie­sers son­der be­hoor­li­ke a­dres­lys­te is. Sy sin­spe­le­ry daar­op dat die reg­stel­sel nug­ter moet dink so­dat “kie­sers nie van hul de­mo­kra­tie­se reg ont­neem word nie”, is kom­mer­wek­kend. Die hof moet dus reg­maak waar die OVK en re­ge­ring ver­brou het.

Met verskeie po­li­tie­ke wen­din­ge is van­jaar se plaas­li­ke ver­kie­sing deur­slag­ge­wend. Dit is on­wens­lik – on­denk­baar eint­lik – dat kan­di­da­te en par­tye die ver­kie­sing son­der vol­le­di­ge a­dres­se van ge­re­gis­treer­de kie­sers moet aan­pak.

Dis jam­mer dat dié ska­du oor die ver­kie­sing toe te skryf is aan die ein­ste OVK wat juis die ge­loof­waar­dig­heid daar­van moet ver­se­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.