Ons rug­byspens is leeg

B­rie­we

Beeld - - Kommentaar - Ja­mes Young van Con­stan­ti­a­park skryf:

Ná die lees van die Ki­wi-joer­na­lis se me­ning oor die stand van SA Rug­by (“Vrae oor SA se diep­te, Beeld, 3 Mei”) moet ’n mens op­nuut jou­self die vraag af­vra hoe ver die rug­by-toi­ings reeds uit­hang.

Ie­wers moet ’n ba­ro­me­ter ge­vind word wat as ’n meet­in­stru­ment kan dien. Of is laas­ge­noem­de reeds van min­der be­lang? Gaan trans­for­ma­sie, of hét trans­for­ma­sie reeds sy merk op die stan­daard van ons rug­by ge­laat?

Ek het met be­lang­stel­ling die Wil­de­kla­wer-toer­nooi in Kim­ber­ley ge­volg. Wat ek daar ge­sien het, het nie my pes­si­mis­me be­sweer nie. Daar was in­di­vi­du­e­le bril­jant­heid, maar die vraag of dit bloot ’n kwes­sie is van “in die land van die blin­des is een­oog ko­ning”, kon maar net nie die wyk neem nie.

Hoe­veel van hier­die seuns wat nie reeds deur die on­der­skeie rug­by­u­nies ge­kon­trak­teer is nie, gaan hul be­lang­stel­ling in rug­by be­hou ná hul ma­triek­jaar? Waar­skyn­lik sal ruim 80% hul ste­wels op­hang en dit is net hier waar die pap op die grond val.

Mnr. Fi­ki­le M­ba­lu­la het wei­nig of geen be­nul wat op skool­vlak en ver­al op klub­vlak aan­gaan nie. Hy kan van plat­forms af on­deur­dag­te uit­spra­ke maak, maar weet nie dat pro­fes­si­o­ne­le rug­by reeds op skool­vlak pos­ge­vat het nie. Hy weet nie dat dit ui­ter­se po­gings verg om ver­al klu­brug­by le­wend te hou nie. Hy weet nie dat daar by klubs ge­struk­tu­reer­de po­gings is om ver­al spe­lers van kleur te be­trek nie. Geld knie­hal­ter eg­ter hier­die goeie in­ten­sies.

Deur trans­for­ma­sie (ek kan by­na nie glo ons ge­bruik nog hier­die woord ná 22 jaar nie) van bo na on­der af te dwing, s­kep ’n plat­form vir mis­luk­king. Die by­kans 400 Suid A­fri­kaan­se seuns wat oor­see rug­by speel, is ’n ge­tuig­skrif daar­van. Dat trans­for­ma­sie in­ter­na­si­o­naal nie by­val vind nie, ge­tuig van die min be­lang­stel­ling oor­see in ge­kleur­de spe­lers.

Ons doen al­le spe­lers ’n on­eer aan met ons mid­del­ma­ti­ge po­gings om al­mal te al­le tye te­vre­de te pro­beer hou.

Ons rug­byspens is reeds half­leeg en ek s­tem saam met Pe­ter Wil­li­ams dat dit bloot ’n kwes­sie van tyd is voor­dat ons in­ter­na­si­o­naal nie meer ge­ag gaan word nie.

As jy ’n ri­vier nie sy na­tuur­li­ke gang laat gaan nie, loop jy die ge­vaar van oor­stro­mings. Neem ken­nis hier­van, mnr. M­ba­lu­la.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.