Slag­of­fers dra tot hul ou­dag won­de

Beeld - - Kommentaar - Y­von­ne de Kock van Ger­mis­ton skryf:

Die be­rig “He­witt-da­de is nie so erns­tig” ( Beeld, 4 Mei) het be­trek­king en in die be­son­der waar dit lees: “Waar­om moet ’n 75-ja­ri­ge man vir iets be­taal wat so lank ge­le­de ge­beur het?” Die ant­woord is baie een­vou­dig: Om kwan­suis sy ou­der­dom in ag te wil neem is om die min­ste te sê ’n skrei­en­de skan­de, want wat van die slag­of­fers van ver­krag­ting wat tot op 70, 75 en ja, selfs ou­er, nog steeds die aak­li­ge na­ge­vol­ge daar­van dra? Dié wat so be­gaan is oor die ar­me 75-ja­ri­ge oue man, maak jul som­me­tjies reg, want om by so ’n ant­woord uit te kom is be­lag­lik!

Fo­to: THEANA BREUGEM

Bob He­witt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.