Bou­ers en be­vry­ders

F­lip Buys sê net die meer­der­heid is vry in ’n de­mo­kra­sie son­der kul­tu­re­le vry­heid. Ja­pie Gouws moe­dig al­le Suid­A­fri­ka­ners aan om hul sto­ries te ver­tel en na an­der s’n te luis­ter.

Beeld - - Middelblad -

Die Ne­der­land­se den­ker, Bob Gou­d­z­waard, het ge­sê dat A­fri­ka­ners se ge­skie­de­nis eer­der ’n stryd om oor­le­wing is as wat dit om oor­heer­sing gaan.

Ná 1994 het A­fri­ka­ners net ’n ge­wo­ne min­der­heid ge­word, met ’n meer­der­heid wat oor ons le­wens be­sluit.

Dit lyk of die ANC die st­rug­gle voort­sit met staats­mag en dat groot de­le van die staat ver­val. Ons grond­lig­gen­de be­lan­ge, soos A­fri­kaans, sko­le en u­ni­ver­si­tei­te, ly on­her­stel­ba­re ska­de en ras­se­wet­ge­wing be­dreig ons in die werk­plek, in sake en in sport.

Die staats­i­de­o­lo­gie van trans­for­ma­sie met sy 80:9:9:2-for­mu­le (swart, wit, bruin, In­di­ër) van be­vol­kings­ver­teen­woor­di­ging dien as werk­tuig om met die ANC se be­leid van “A­fri­can he­ge­mo­ny” ons le­wens o­rals te do­mi­neer. Te­rug­skou­end voel baie men­se dat ons vir ’n de­mo­kra­sie ge­stem het, maar ’n (on­der­han­del­de) re­wo­lu­sie ge­kry het.

Al daal die ANC se stem­me tot 51%, hou hy steeds 100% van die mag.

Ge­luk­kig het drie vor­me van “bes­te prak­ty­ke” in­ter­na­si­o­naal ont­wik­kel vir mul­ti­kul­tu­re­le lande om soort­ge­ly­ke uit­da­gings as dié in Suid-Afrika te be­stuur. Dit be­hels in­di­vi­du­e­le reg­te vir mo­no­kul­tu­re­le lande; groeps­reg­te met af­ge­wen­tel­de reg­te en mag­te vir mul­ti­kul­tu­re­le lande; en selfs ge­bieds­reg­te met wis­se­len­de vlak­ke van ou­to­no­mie. Die doel hier­van is om kul­tu­re­le vry­heid vir al­mal in­ge­vol­ge die jong­ste VN-stan­daar­de te ver­se­ker.

Dit ver­hoed dat meer­der­heids­re­ge­ring in meer­der­heids­oor­heer­sing ont­aard.

In ’n de­mo­kra­sie son­der kul­tu­re­le vry­heid is net die meer­der­heid vry. ’n Stel­sel wat net op in­di­vi­du­e­le reg­te ge­skoei is, sal te sim­plis­ties wees vir kom­plek­se mul­ti­kul­tu­re­le sa­me­le­wings soos dié in Suid-Afrika. Be­staans­uit­da­ging Hier­die de­mo­kra­tie­se grond­wet­li­ke ruim­tes vir men­se om hul in­di­vi­du­e­le reg­te op by­voor­beeld moe­der­taal­on­der­rig ge­sa­ment­lik uit te oe­fen, word tans ver­skraal deur krim­pen­de po­li­tie­ke ruim­tes. Die in­di­vi­du­e­le reg­te van die meer­der­heid op toe­gang weeg nou swaar­der as die in­di­vi­du­e­le reg­te van die min­der­heid op moe­der­taal­on­der­rig. So word po­li­tie­ke mag nou ster­ker as grond­wet­li­ke ge­sag en ver­an­der die eer­tyd­se be­vry­ders in heer­sers. Die re­ge­ring mis­bruik sy po­li­tie­ke mag om ons mul­ti­kul­tu­re­le land vol­gens sy mo­no­kul­tu­re­le beeld te om­skep.

Na­sie­bou word ver­skraal tot in­ly­wing by die meer­der­heid. Dit s­kep vir ons ’n be­staans­uit­da­ging om­dat A­fri­ka­ners as (grond­wet­li­ke) kul­tuur­ge­meen­skap nie deel is van die re­ge­ring se toe­koms­beeld nie, be­hal­we as in­ge­lyf­de en­ke­lin­ge.

Soos die VN se ont­wik­ke­lings­ver­slag van 2004 oor kul­tu­re­le vry­heid uit­wys: “As die ge­skie­de­nis van die 20ste eeu iéts be­wys het, dan is dit dat po­gings om kul­tuur­groe­pe weg te wens of by die meer­der­heid in te lyf, eer­der ’n le­wens­krag­ti­ge her­le­wing uit­lok.” Ri­si­ko­be­stuur Die vraag is wat A­fri­ka­ners moet doen wat die grond­wet­li­ke ruim­te wil hê om 100% A­fri­ka­ners te wees, so­dat hul­le ook 100% Suid-A­fri­ka­ners kan wees. Die ri­si­ko is te groot om per­ma­nent af­hank­lik te wees van die ver­draag­saam­heid en ge­hal­te van ’n ANC-re­ge­ring. Die ho­we kan wel uit­spra­ke le­wer teen kor­rup­te re­ge­rings­lei­ers, maar hul­le kan nie goeie re­ge­ring ver­se­ker nie.

Die grond­wet­li­ke ruim­tes vir taal- en kul­tuur­groe­pe is as blo­te mag­ti­gen­de be­pa­lings nie af­dwing­baar ge­noeg om kul­tu­re­le vry­heid suk­ses­vol te be­reg nie. Boon­op het daar in prak­tyk niks ge­kom nie van die in­stel­lings wat ge­meen­skaps­reg­te moes be­vor­der. Kruis­pad Hier­die ver­wik­ke­lings het ons by ’n kruis­pad te staan gebring, met vier toe­koms­paaie vir vier groe­pe A­fri­ka­ners (sien gra­fi­ka):

V­reem­de­lin­ge: Dit is on­be­trok­ke A­fri­ka­ners wat ne­ga­tief oor die land voel, maar wat po­si­tief is oor A­fri­ka­ne­ri­den­ti­teit.

E­mi­gran­te: A­fri­ka­ners wat ne­ga­tief oor die land én A­fri­ka­ner­skap is, en wat in­waarts of uit­waarts e­mi­greer.

En­ke­lin­ge: Hul­le is po­si­tief oor die land as A­fri­kaan­se en­ke­lin­ge.

Bou­ers: A­fri­ka­ners wat po­si­tief oor die land, hul A­fri­ka­ner- én A­fri­kaan­se i­den­ti­teit is, en wat ak­tief wil bou aan die toe­koms en vry­heid, vei­lig­heid en voor­spoed van al­mal.

Die Ro­mein­se den­ker Sal­lust het ge­sê: “Min men­se be­geer vry­heid. Die mees­te ver­kies net reg­ver­di­ge heer­sers.” Bou­ers is vrye bur­gers en nie on­der­da­ne nie. Daar­om kies bou­ers die pad om kul­tu­re­le vry­heid te bou deur sterk ge­meen­skaps­or­ga­ni­sa­sies. Buys is voor­sit­ter van So­li­da­ri­teit.

In al­le ter­me is A­fri­kaans ’n jong taal. Die ge­skie­de­nis en oor­spron­ge van A­fri­kaans is nog nie be­hoor­lik ver­tel en op­ge­te­ken nie.

A­fri­kaans is/word dik­wels uit­ge­kryt vir die taal van die ver­druk­ker.

Daar­en­teen is daar tal­le A­fri­kaans­spre­ken­des wat weer sê dat A­fri­kaans vir hul­le die taal van be­vry­ding was.

Wat eg­ter soos ’n paal bo wa­ter staan, is dat A­fri­kaans waar­skyn­lik die mees in­klu­sie­we in­heem­se taal in Suid-Afrika is.

Van die by­kans 7 mil­joen huis­taal A­fri­kaans­spre­ken­des is 50% bruin, 40% wit, 9% swart en 1% A­si­ër (vol­gens die 2011-sen­sus).

Daar­be­ne­wens is daar by­kans dub­beld so­veel by­ko­men­de taal­spre­kers wat el­ke dag by die werk, by die huis en by die skool, A­fri­kaans ge­bruik. Dus is A­fri­kaans nie net die der­de groot­ste (13,5%) huis­taal­groep nie, maar ge­bruik by­kans 40% van al­le Suid-A­fri­ka­ners op ’n ge­reel­de grond­slag A­fri­kaans.

A­fri­kaans is dus nie so ’n min­der­heids­taal as wat dik­wels be­weer word nie. Toe­ne­men­de ver­en­gel­sing Suid-Afrika se veel­be­woë ge­skie­de­nis het baie kin­kels. Die NP was se­dert 1948 46 jaar lank aan die be­wind en het dalk ver­oor­saak dat A­fri­kaans nie vir al­le men­se aan­vaar­baar was nie. Daar­en­teen is die ANC nou by­kans die helf­te so­lank aan stuur en daar is wei­nig vor­de­ring ge­maak met die op­hef­fing van an­der in­heem­se ta­le.

Die toe­pas­sing van taal­reg­te waar­op ons in­ge­vol­ge die Grond­wet ge­reg­tig is, as­ook die taal­wet wat staats­de­par­te­men­te en -in­stel­lings ver­plig om taal­be­leid met in­ag­ne­ming van die de­mo­gra­fie van Suid-A­fri­ka­ners op te stel, laat ook veel te wen­se oor.

Die aan­slag op die taal­be­leid van sko­le en ter­si­ê­re in­stel­lings die laas­te maan­de s­kep ook nie ’n roos­kleu­ri­ge prent­jie oor die toe­koms van A­fri­kaans nie. Wat ver­al on­ver­staan­baar is, is dat meer as 90% van SuidA­fri­ka­ners se huis­taal nie En­gels is nie, maar dat al­le po­gings dui op die ver­en­gel­sing van op­lei­ding en ont­wik­ke­ling. Dít ter­wyl al­le an­der ko­lo­ni­a­le na­la­ten­skap­pe on­der skoot is!

Die toe­koms van A­fri­kaans hoef eg­ter nie duis­ter te wees nie.

Daar­van ge­tuig die tal­le suk­ses­se wat on­danks al die be­drei­gings be­reik word. Dit verg eg­ter deur­set­tings­ver­moë van al­le SuidA­fri­ka­ners om ver­ant­woor­de­lik­heid te neem van hul ge­skie­de­nis, er­fe­nis, taal en kul­tuur.

Al­mal moet aan­ge­moe­dig word om hul sto­ries te ver­tel en ook na an­der s’n te luis­ter.

Dit is hoe ons na­sie­bou gaan be­vor­der, son­der die prys­ga­we van wat eie aan ons is.

Suid-Afrika se leu­se, “!ke e: /xar­ra //ke”, be­te­ken een­heid in di­ver­si­teit. As ons die leu­se wil waar maak, be­te­ken dit dat al­mal me­kaar se di­ver­si­tei­te moet aan­vaar.

Elk­een moet be­reid wees om jou eie ge­skie­de­nis, er­fe­nis, taal en kul­tuur se sto­ries te ver­staan en te ver­tel, maar ook om an­der s’n te re­spek­teer en daar­na te luis­ter.

In ’n ar­ti­kel in The New Age skryf Jo-Man­ga­li­so Mdhle­la, hoof van The TNA and ANN7 Ca­det S­chool, na aan­lei­ding van die aan­vaar­ding van ’n En­gel­se taal­be­leid by die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat: “Dis­car­ding A­fri­kaans as the lan­gua­ge of the op­pres­sor is mis­pla­ced as its use is wi­de­spre­ad in the coun­try a­mong a va­ri­e­ty of pe­op­le.” Waar­heen nou? Is A­fri­kaans­spre­ken­des by ’n kruis­pad? En waar­heen dan nou? Die wel en wee van al­le Suid-A­fri­ka­ners was nog al­tyd en is steeds vol kruis­paaie. In­dien die vol­le ge­skie­de­nis van al­le vol­ke hier na­ge­gaan word, sal die mis­luk­kings maar ook die suk­ses­se om by die kruis­paaie ver­by te kom, raak­ge­sien kan word.

A­fri­kaans­spre­ken­des het ver­al die wil om die ge­leent­he­de raak te sien om ’n roe­te by die kruis­paaie te kan kies. Keu­ses moet in­klu­sief ge­doen word. Die toe­koms moet ont­werp en ge­skep word son­der om ie­mand te na te kom en son­der uit­slui­ting van an­der ta­le en kul­tu­re. A­fri­kaans het in sy jong ge­skie­de­nis al be­wys wat hy kan ver­mag met on­der­rig, ver­maak en kom­mu­ni­ka­sie.

A­fri­kaans­spre­ken­des kan ’n groot rol speel in die be­mag­ti­ging van men­se wat A­fri­kaans praat, maar ook van al die an­der taal- en kul­tuur­groe­pe. Kom ons doen dit! Gouws is be­stu­ren­de di­rek­teur van die ATKV­groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.