Goeie Nuus

Ge­maak vir ver­hou­dings

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

A­pa­te­ïs­te – dis een van die ter­me wat dees­dae in Eu­ro­pa deur som­mi­ge a­te­ïs­te met ver­wy­sing na hul­self ge­bruik word.

Dit is die­ge­ne wat al so ver­veeld ge­raak het met ge­sprek­ke oor God se be­staan dat hul­le a­pa­ties daar­teen­oor staan.

Tog is so ’n a­pa­tie­se in­ge­steld­heid nie net te­ke­nend van a­te­ïs­te nie, maar van baie men­se in die al­ge­meen. Men­se raak traak-my-nie-ag­tig teen­oor al­les, en uit­ein­de­lik ook teen­oor God.

Dis nie ’n goeie plek om te wees nie. Ge­voel­loos­heid, daar­die plek van niks om­gee nie, is do­de­lik vir ons siel.

Ons is deur die He­re ge­maak om diep te voel. En ons is ge­maak vir ver­hou­dings. God is die God van ver­hou­dings. Hy soek ge­du­rig men­se op wat in die wind en weer van die le­we weg­ge­raak het. A­te­ïs­te, a­pa­te­ïs­te, twy­fe­laars, soe­kers, ver­dwaal­des, ge­vin­des – God gee om vir ons al­mal.

Hy soek aan­hou­dend na ons al­mal. Hy soek tot­dat Hy vind.

Dan vier Hy saam met ons fees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.